Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 15

KO L L IG ••• Nico de Beer en een van sy seuns, Dirkie. Senwes doen plaaslaaie op dié plaas. baie goed saam. Hulle het vanjaar reeds hul 24ste huweliksherdenking gevier. “Sy is die steunpilaar van ons boerdery,” sê Nico. BOERDERY Nico beskryf hulle boerdery as ’n gemengde boerdery. Hulle boer op Witrandsfontein, tussen Potchefstroom en Ventersdorp, wat sowat 1 040 hektaar groot is, met nog sowat 700 hektaar wat hulle huur en op sowat 550 hektaar saai. Van saai gepraat. Hulle plant onder normale omstandighede 90% mielies en 10% sonneblom. Maar gedurende die afgelope droogteseisoen het hulle net 70% mielies geplant en derhalwe 30% sonne­blom. Die res van die grond word vir weiding gebruik aangesien hulle met kommersiële Bonsmaras, asook skape boer. Hier is teelmateriaal en goeie genetika vir hulle baie belangrik. SY VORMINGSJARE Ons wyk so bietjie af van die boer­ dery. Hy vertel dat hy nog altyd in die streek woon. Die Ventersdorp-gebore Nico het Laerskool Mooirivier bygewoon en in 1982 by HTS Potchefstroom gematrikuleer. Na sy diensplig in Heidelberg en Oshakati het hy teruggekeer na Potchefstroom om sy landboudiploma in 1986 by Potchefstroom Landboukollege te verwerf. BOERDERY BEGIN Hy het in 1987 saam met sy pa, Hansie, begin boer en in 1988 het hy Witrandsfontein 2 gekoop. Nico is baie entoesiasties soos ons deur die plaas ry en hy die ou skuur en ou ossewa gaan wys wat ’n bietjie nostalgie aan die boerdery verleen. DIE LAASTE VYF JAAR Die afgelope vyf jaar ploeg hulle glad nie. Die laaste drie jaar word daar ook geen bewerking gedoen nie. Hoewel dit nog te vroeg is om werklik uitspraak te lewer, hoop hy dat die resultate ’n groot verskil in produksie gaan aandui. Die laaste seisoen se El Niño het hulle ook nie gespaar nie. Vanaf September 2015 tot April vanjaar het hulle slegs 211 mm reën ontvang, waar hulle onder normale omstandig­ hede sowat 600 mm per seisoen ontvang. Dit volg op die onder normale 2014 en 2015 seisoene. MOTTO Eerstens glo Nico “Onmoontlik is nie ’n realiteit nie, dit is slegs ’n illusie.” Twee kritiese elemente in boer­ dery, volgens hom, is dat jy betrokke moet wees en nie in jou kantoor moet sit nie. “Jy moet daar wees. Jou beste kunsmis is jou voetspore in die land.” In die beroep is jy altyd afhanklik van die natuur, soos ook die afgelope seisoen die geval was. Nico en sy familie besef: “Alles is net genade van Bo en jy moet op jou knieë bly. Jy kan so hard werk as wat jy wil, als wat jy ontvang is seën van die Vader.” RAAD VAN VORIGE GENERASIES As daar nou een ding is wat sy oupa en pa gedoen het, is dat hulle nie geld geleen het nie. Dit gesê gebeur daar soms onvoorsiene dinge op ’n plaas, soos jare gelede, toe een van twee spanne osse in die juk deur weerlig getref is. Selfs die > VERVOLG OP BLADSY 14 SENWES Scenario • AUG/SEP 2016 13