Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 12

••• A REAF OK U S arys oom en P tr fs e h tc o P 9 AN BLADSY > VERVOLG V Parys Museum. Bejaardes finansieel ondersteun. Agri Potchefstroom werk ook nou saam met die munisipaliteit en polisie. PARYS: RIVIERSTAD ... LIEFDESTAD s waar ngbrug in Pary Die bekende ha e vir fd lie l efdes al hu honderde verli slotte lle ta is er Hi t. ar he n mek aar verk la va e m na e ug met di op die hangbr lle hu n va m tu da e verliefdes en di spesiale dag. Die NG Kerk in Parys. Die Senwes Equipment werkswinkel in Parys. 10 AUG/SEP 2016 D ie prentjiemooi dorpie het sy naam te danke aan die landmeter, Schilbach. Die Vaalrivier wat daardeur vloei het hom reeds in 1876 laat dink aan die Seinerivier in Parys, Frankryk. Maar die unieke landskap van die dorpie dateer twee biljoen jaar gelede toe ‘n meteoriet van 10 km die aarde met ’n spoed van meer as 36 000km/h getref het en ‘n krater van 300km gelaat het, wat vandag as die Vredefort Koepel bekend staan. Dit bly tot vandag toe die oudste impakkrater wat op aarde gevind is. Parys is bekend vir sy sprokiesmooi strate met talle kunswinkels, restaurante en gastehuise met verliefdes, fotograwe en motorfietsryers wat graag die dorp besoek. Van die geboue wat uitstaan is die Parys Museum, die NG Kerk asook die ou Anglikaanse Kerk. UNIEKHEDE VAN PARYS Parys het ’n konnotasie met die Franse hoofstad in die vorm van die welbekende hangbrug, waar tientalle verliefdes al hulle liefde aan mekaar verklaar het. Die tradisie onder plaaslikes en besoekers is om ’n slot met hul name daarop aan die brug se kabels aan te bring om so hul liefde te verewig. • SENWES Scenario HINTERLAND SENWES VILLAGE Die takbestuurder by Parys, Johan Cromhout, is sedert 2013 by die maatskappy en vanaf 2015 by Parys. Hy is in beheer van 49 personeellede met 24 winkelpersoneel, 17 by die werkswinkel, 7 by onderdele en boonop ’n heel­ werktuigbemarker, Wimpie Nel. TAKGESKIEDENIS Die ou tak word tans as stoor ge­ bruik en dateer uit 1928. Dit was tot en met 1994 in gebruik. Sedert 13 Augustus 1994 is handel gedryf uit die nuwe winkel, wat deur Tobie Loubser, destydse wyksdirekteur van Sentraalwes Koöperatief Beperk, geopen is. Die omliggende takke hier is Heilbron, Oberholzer, Potchefstroom en Vereeniging. Die Parys werkswinkel bedien ’n groot gebied, naamlik Parys, Heilbron, Vaaldriehoek, die hele Wesrand, Randburg, Oberholzer, Potchefstroom, Rysmierbult en Vredefort. Daarbenewens word personeel hier ook opgelei as spesia­liste op ou trekkers. Sedert 2014 bied die tak jaarliks ’n dankseggingsdag aan in die vorm van ’n kerkdiens wat in die werkswinkel gehou word, met Andries Enslin wat die diens lei. Vir Gerhard Steyn aanhangers is nog ’n interessantheid dat sy 2015 musiekvideo, Verlief op ’n Dief, in die Parys tak en stoor geskiet is, met Gerhard wat die rol van ’n onderdeleverkoopsklerk in die vi­ deo vertolk.