Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 10

••• A REAF OK U S : e r e i v i r e i tussen d s y r a P n e m o o r t Potchefs So AS LOCHNER DE KOCK TUSSEN TREINE, TUSSEN STASIES KAN SING, SAL DIT SEKERLIK HEEL GEPAS WEES AS TUSSEN RIVIERE VIR POTCHEFSTROOM EN PARYS BESKRYF. AUBREY KRUGER P otchefstroom... wilgerboomstad met sy akkerlanings, studente en kuierplekke. Dis hoe meeste van ons die stad ken. Die Noordwesstad se oorsprong is te danke aan die Voortrekkers wat reeds in 1838 hier gevestig het. Hoewel daar verskeie verduideli­ kings vir die naam is, is die mees algemene dat dit stem uit ‘Pot’, die Voortrekker leier, Andries Potgie­ ter, ‘chef’ wat ’n aanduiding van leier is en natuurlik die “stroom” wat na die Mooirivier verwys. ONDERRIGSENTRA Potchefstroom is ’n onderrigstad met die Noordwes Universiteit wat sy oorsprong in 1869 gehad het as die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, wat op sy beurt uit die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika ontwikkel het. Tesame met die Potchefstroom­se Onderwyskol­lege, top skole in die distrik met Potch Boys High en Potch Girls High Senwes Park is die trotse tuiste van die NW Dragons en Highveld Lions. Die NG Kerk Mooirivier is een van talle ou geboue in Potchefstroom. (1874), Potch Gimnasium (1907) en Hoër Volkskool (1927), asook ander top hoër- en laerskole, doen die stad sy naam ook hier gestand. SPORT: SENWES PARK Senwes Park is ongetwyfeld die stad se uithaler stadion. Senwes het al vir jare die naamregte en sal ten minste tot en met 2017 die naamregte behou. Die stadion van internasionale gehalte is die tuiste van die North West Dragons en Highveld Lions. Die Hoof Uitvoerende Be­ amp­te van Noordwes Krieket, Heinrich Strydom, vertel dat dié stadion ook die enigste stadion is wat twee wêreldkampioene gehuis­ ves het, naamlik Australië tydens die 2003 Krieket Wêreldbeker en Spanje tydens die 2010 Sokker Wêreldbeker. Bui­ten dat 17 eendag inter­nasio­ Heinrich Strydom is die HUB van Noorwes Krieket by Senwes Park. 8 AUG/SEP 2016 • SENWES Scenario