Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 9

KO L L IG ••• DIE DEMPERS! HIER IS ADÉLE EN DEWALD MET HULLE KINDERS LIENKE-ANN (3) EN DEHAN (18 MAANDE). MENSE STAP ‘N LANG PAD SAAM Soos ons na die kuier-area stap kom jy duidelik agter dat dit vir dié 32-jarige Dewald belangrik is om net op boerdery te fokus en nie te veel links of regs te fokus nie. Sy motto is dan heel duidelik dat hy “met mense werk, en met hulle loop ek ‘n pad”. Vir die roetinevaste boer, verseker vroulief Adéle my laggend, is dit van kardinale belang dat jy elke dag aan jou menseverhoudinge moet werk en so ‘n vertrouensband deur jare opbou. “Die beste hiervan is dat mense dan presies weet hoe ek van my dinge hou.” FAMILIEBOERDERY Dewald bedryf die boerdery saam met sy pa Hansie en broer Piet op die familieboerdery, wat omtrent 750 ha in die Vaalharts besproeiingskema beslaan. Een ding wat ek dadelik agterkom, is die feit dat feitlik alles skoon is, soos ons sy 180 ha gedeelte van die boerdery besoek. Van presisieboerdery probeer Dewald alles te wete kom. Van groter en beter trekkers om die insetkoste H