Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 60
•••
58
T UINW E N K E E N WI NS K O P E
AUGUSTUS IS WEL BAIE
KOUD EN WINDERIG
MAAR MET DIE
VOORUITSIG VAN
LENTE OM DIE DRAAI,
HET DIE TUINIER
TYD OM DIE LAASTE
VOORBEREIDINGS VIR
DIE BLOMSEISOEN TE
DOEN. BLOEISELS STEEK
ORAL KOP UIT EN DIE
JASMYNE IS VOL IN
BLOM!
D
ie maand gee ons ‘n spesiale voorskou van ons
Spring Splash promosie wat op
21 Augustus 2015 begin om
die belangrikste lyne wat hier
geadverteer word nou reeds aan
te koop.
Berei beddings met kompos
en potgrond
Maak beddings goed skoon en
verwyder bossies op die plaveisel.
Berei die saadbeddings goed voor
deur kompos in dik lae oor te
strooi. Werk kunsmis en beenmeel goed in voor jy saai. Jy kan
nou reeds begin om somergroente
en -blomme te saai. Om jou hier
te help is 30dm kompos teen
R19.90 verkrygbaar asook 30dm
medium potgrond teen R19.90.
Bemes grasperke met
Wonder 7:1:3
Grasperke moet vir die lente
voorberei word deur dit kort te
sny, te hark om die ou dooie mat
te verwyder asook met ‘n vurk te
belug wat water en kunsmis kans
gee om by die wortels uit te kom.
Hierna kan die gras bemes
word met kunsmis spesiaal geformuleer vir grasperke soos Wonder
7:1:3 (Wonder Vitaliser Lawn
and Leaf 7:1;3 (15) + C (8) SR*)
teen slegs R210 en dit gelykgemaak met ‘n grasperk deklaag. Gereelde water is nou noodsaaklik.