Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 53

D RUPPE L S O P DI D IE E DA K einde van die wêreld te wees nie. Daar sal egter indringend na sekere praktyke gekyk moet word. Behalwe vir die afgelope seisoen, is dit amper twintig jaar sedert ons ’n algehele misoes oor die grootste gedeelte van die Senwes gebied gehad het. Ons begin weer vanjaar met baie min ondergrondvog, wat bepaalde uitdagings meebring. Die volgende sal indringend na gekyk moet word: Vogbewaring: Alle praktyke wat tot die verkwisting van grondvog kan lei, moet gestaak of verhoed word. Onkruid is een van die groot sondebokke. Plantestand: ‘n Aangepaste plantestand is en was nog altyd een van die praktyke wat ‘n droogte se effek kan versag. Oorlêstelsels: Waar die hulpbronne dit toelaat het oorlêstelsels veral die afgelope seisoen baie goeie vrugte af gewerp. Bemesting: Bemesting volgens die potensiaal van die grond behoort weer indringend aandag te geniet. Gewas- en kultivarkeuse: Maak seker dat aangepaste gewasse en spesifiek kultivars aangeplant word. ••• 51