Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 49

A G RIW E N KE ••• GEORGE LE ROUX, JOHAN DU TOIT, GERRIT OOSTHUIZEN, PETRUS VAN STADEN EN JACQUES ODENDAAL RIGLYNE EN WENKE DIE AFGELOPE SOMERSEISOEN WAS OOR GROOT GEDEELTES ‘N UITERS DROË GEWASPRODUKSIEJAAR, MET ‘N BAIE LANG, WARM EN DROË MIDSOMERDROOGTE. OORGEDRAAGDE GRONDVOG IS DUS UITERS SELDSAAM. AKKERBOU EN GRONDKUNDE Al die oeste is ingesamel en produsente kon al die afgelope seisoen ontledings doen in terme van dit wat beplan was verlede jaar en wat nou gerealiseer het as die eindresultaat. Stroperkaarte kon saam met chemiese verslae bestudeer word. Dit skep die geleentheid om ‘n strategie vir die komende seisoen te definieer. Hou die volgende in gedagte: • Inspekteer die lande direk na stroping of sodra beeste van die lande afgehaal word, en maak seker die grondoppervlak is bevorderlik vir maksimum waterinfiltrasie. • Maak seker van die kultivarpakket wat u kies. Beplan vir die langtermyn gemiddeld in ‘n semi-droë gebied. • Dink weer oor die plantpopu- • • • • lasie en rywydtes. Heroorweeg die plantdatum op grond van die historiese data vir elke land. Maak seker u het die regte keuse van trekkers en implemente om elke aksie effektief en doeltreffend te kan uitvoer. Voorsien buigsaamheid in u sisteem. Begin bewerkings by die regte grondwater