Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 4

••• REDA K TE U R SBR I EF HOOFREDAKTEUR Marlon Abrahams Tel: 018 464 7349 [email protected] D ie een ding waarvan jy absoluut seker kan wees in die landbousektor is dat jy glad nie seker van enigiets kan wees nie. Landbou is so onvoorspelbaar soos die weer, waarvan landbou baie afhanklik is. Dit is dan ook geen verrassing dat Senwes se finansiële resultate vir die jaar geëindig 30 April 2015, deur twee uiteenlopende en kontrasterende landbousiklusse gekenmerk is. Lees meer hieroor op bladsy 4. Ons plaaslike Graananalis, Senwes Grainlink se Thys Grobbelaar, kyk na die plaaslike en internasionale tendense in die graanmarkte vir die onmiddellike toekoms. Die twee grootste wêreldproduserende lande is die VSA en China, met Brasilië wat ook ‘n beduidende bydrae lewer. Japan, aan die ander kant van die skaal, is op sy beurt weer die grootste invoerder van graan ter wêreld. Lees meer oor hoe almal se rolle Thys se markvoorspellings affekteer. Met al die onvoorspelbare toestande wat toenemend druk op die produsent plaas om alle kanale optimaal te benut, sit Senwes ook skouer aan die wiel deur al ons bystandskanale maksimaal te benut. In die vorige uitgawe het ons die fokus op Martin van Zyl laat val, wat aan die hoof staan van ‘n afdeling wat gerat is om vernuwende en geïntegreerde oplossings te vind. In hierdie uitgawe fokus ons op Pieter Swart, die nuwe hoof van Senwes Credit, wat die leisels by die afgetre- 2 de Gerrit van Zyl oorgeneem het. Lees meer oor die voordele van ‘n vennootskap met Senwes Credit op bladsy 12. In hierdie uitgawe stel ons Tradebot aan u bekend - ‘n klein en vernuwende skepping om die verhouding tussen kliënt en makelaar te verbeter. Lees meer hieroor op bladsy 36. Het jy al ooit van “brown bagging” gehoor? Wel as jy al het, weet jy beslis iets van saad of die saadbedryf. Indien nie, dan is die artikel oor Senwes se Saadafdeling net vir jou bedoel. Leer meer oor hoe hulle as top saadverwerker gemoedsrus tydens die plantseisoen verskaf. In hierdie uitgawe begin ons ook met ons streeksprofiele, in gebiede waar Senwes aktief is. Ons fokus op die dorp, die plaaslike ekonomie en die kultuur en bowenal op een van die plaaslike produsente in die betrokke omgewing. In die heel eerste insetsel fokus ons op die Hartswater area en “Doelgerigte Dewald Dempers” is die boer waarop ons die kollig laat val. Hy deel sy insigte en liefde vir boerdery met ons. Gun my dan ook die geleentheid om vir Aubrey Kruger, ons nuutaangestelde joernalis, voor te stel, wat grotendeels vir die artikels en voorbereiding van toekomstige Scenario uitgawes verantwoordelik sal wees. Aubrey is ‘n kranige atleet en gesoute joernalis wat by ons span aangesluit het na ‘n periode van drie jaar by die Klerksdorp Rekord, waar hy op verskeie joernalistieke areas gefokus het. Marlon Abrahamss Augustus/September 2015 • SENWES Scenario ADVERTENSIES Mariette Hugo Tel: 018 464 7505 [email protected] ONTWERP EN UITLE ()5