Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 36

••• HAND E LSN U U S ‘N PRODUSENT IN DIE RIETKUIL AREA IN DIE OOSVRYSTAAT, RUHAN THEUNISSEN, SPEKULEER OOR DIE VERSKIL TUSSEN DIE GEBRUIKLIKE GRONDBEWERKING EN GEEN GRONDBEWERKING IN BOERDERY. DIE MEGANIESE INGENIEUR EN LID VAN DIE REITZ STUDIEGROEP SPEKULEER OOR DIE VERSKIL IN TERME VAN PRODUKSIE- EN INSETKOSTE VAN BEIDE METODES. I n 2012 het hy reeds lande vir sy studie geoormerk sodat hy die twee metodes kon vergelyk, gebaseer op die tipiese rotasiestelsel wat in die Oos-Kaap gebruik word. Hy het op mielies en sojabone gefokus. Beide die mielies en sojabone is in stroke van konvensionele grondbewerking en geen grondbewerking geplant. Alle data, soos die toerusting wat gebruik is, arbeid wat betrokke was, dieselverbruik, ensovoorts, is gedokumenteer. Tydens die voorbereiding van die bewerkte gedeelte is ‘n gewone skotteldis (“offset disc”) en bytelploeg (“chisel plough”) gebruik, terwyl ‘n chemiese afbreking van winteronkruid (“burndown herbicide”) by die voorbereiding van die area wat nie bewerk is nie, Mieliegrond waterprofiel 2013/14 [%] 0 0 20 40 60 80 Diepte [cm] 10 20 30 40 50 60 70 Geenbewerking Dieselverbruik Arbeid (l/ha) MIELIES Bewerking Geenbewerking SOJABONE Bewerking Geenbewerking 34 Bewerking Opbrengs Totale (t/ha) insetkoste/ha Wins/ ha 45,9 21,0 2,2 1,5 6,9 7,5 R6 884 R6 475 42,9 18,0 2,0 1,4 3,0 2,9 R5 730 R10 935 R5 290 R10 660 Augustus/September 2015 • SENWES Scenario R5 191 R6 650 gedoen is. ‘n Sorgvuldige analise is aan die einde van die studie gedoen. ‘N OPSOMMING VAN DIE 2013/2014 SEISOEN: Mielies Die basiese verskil in die seisoenskoste ten opsigte van mielies was soos volg: Die dieselverbruik by geen grondbewerking was 21 l/ha teenoor 45.9 l/ha by grondbewerking. Die arbeid was ook laer by geen grondbewerking met 1.5 u/ha teenoor 2.2 u/ha en die opbrengs was hoër met 7.5 t/ha teenoor 6.9 t/ha. Geen grondbewerking het daarby ook laer insetkoste gereflekteer met R6 475/ha, teenoor ‘n veel hoër insetkoste van R6 844/ha. Die wins/ha met geen grondbewerking was R6 650 teenoor R5 191/ha met grondbewerking. Sojabone Die basiese verskil in die seisoenskoste by sojabone was weer soos volg: Die dieselverbruik by geen grondbewerking was 18 l/ha teenoor 42.9 l/ha by grondbewerking. Die arbeid was hier ook laer, naamlik by geen grondbewerking 1.4 u/ha teenoor 2.0 u/ha by grondbewerking. Die grondbewerkingsboerdery se opbrengs was ietwat hoër met 3.0 t/ ha teenoor die 2.9 t/ha by geen grondbewerking. Die insetkoste by geen grondbewerking was ook laer ten opsigte van die verbouing