Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 34

••• A REA F OK U S PEKANNEUTBOME MET HUL SPREEKWOORDELIKE WIT BROEKSPYPE. ’N PRENTJIEMOOI POPULIERLANING. WELKOM IN HARTSWATER. GROOT PRODUSENTE IN DIE OMGEWING Hoewel dit bykans onmoontlik is om almal op te noem, is ‘n paar groot name al lank hier betrokke. Lubern Veevoere van Albert Swiegers is een naam wat al vir ‘n paar dekades hier weergalm. Dan is Alfons Visser die Suid-Afrikaanse bestuurder van SA Pecans en het ook met trots die 2012 Nasionale Produsent van die Jaar-titel ingepalm. Dan mag ‘n mens seker ook nie versuim om die Wolhuter Broers, Charl en Frans, se name in die melkerybesigheid te noem nie. Boeta van Heerden en Becker Crushers, Paul van Wyk se groot grondboontjie-aanleg en dan ook Vaalharts Katoen wat deur Rudman self opgerig is en waar 50 produsente aandeelhouers is. Dan is Bennie Visser se SA Olives en Pieterse Sweiswerke, wat groot ingenieurswerke onderneem, ander groot geeste in die gebied. INFRASTRUKTUUR Hartswater het ‘n unieke sisteem waar infrastruktuur soos Senwes se Hartswater Silo’s en Senwes Village en die Hinterland-tak ongelooflike diens lewer. Dit is nou immers al 77 jaar dat produsente hier gevestig is met goed beplande uitgebreide pad-, kragen kanaalnetwerk. DIE UNIEKE MINIATUUR KERKIE. 32 Augustus/September 2015 • SENWES Scenario SILO Die Hartswater Silo lê op regterhand, reg oorkant SA Pecans en SA Olives. Die silo het 24 buise