Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 21

’N RUBIN-SOLITAIR-KOMBINASIE VAN LEMKEN IN AKSIE OM PERFEK TE PLANT VIR ’N SKITTEROPBRENGS. “H ierdie goed is net fantasties! Jy kan dit nie vergelyk met ’n ander planter nie, want dit doen mos alles in een,” vertel Werner Basson van Fochville. Hy plant tef vir vee- en perdevoer en voorsien ook saad aan K2Agri. LEMKEN se Rubin-Solitair-kombinasie het ’n omwenteling in sy boerdery veroorsaak. Met die ondersteuning van Senwes en LEMKEN se mense, is daar proefaanplantings op sy plaas gedoen en die skeidslyn tussen sy konvensionele aanplanting en sy LEMKEN-aanplanting loop soos ’n mes deur sy tefland. Aan die “ou” kant is die tef geel en op baie plekke het dit platgeval, terwyl die klasmaats aan die LEMKEN-kant fier en regop in hulle groen rytjies blink. Werner sê: “Die plantjies voel en lyk net anders. Hulle het meer blare en as jy aan hulle vat, dan voel jy sommer dat hulle stewiger en sappiger is.” Hy kan ook nie uitgepraat raak oor die ontkieming en plantestand nie en sê hy gaan volgende keer beslis meer as sy gewone 20 kg per hektaar saai, want “alles kom op”. Net na planttyd was daar ook ’n woeste wolkbreuk op die plaas en die “ou” land het sleg verspoel, terwyl LEMKEN se ferm, maar deurlugte saadbed die aanslag lag-lag afgeweer het. Tef word geplant om gesny te word en as jy drie snysels kan afhaal en nog die saad kan dors, het jy voorwaar ’n wenoes vir die seisoen. Om dit reg te kry, beteken dat die saad vinnig en gelyk moet ontkiem en dat die plantjies egalig moet groei en stewig moet staan. ’n Grasplant wat dapper en regop staan en wag vir die snyer word skoner afgesny en kan gouer en sterker hergroei en meer volume materiaal lewer. So werk die plantproses LEMKEN se 5-meter Rubinskotteleg en saadbedvoorbereider abba die Solitair-planter en in een vinnige verbyswiep word die grond bewerk en beplant. Die Rubin se skottels is van stewige 6-mm staal en teen ’n spesiale hoek na vorentoe gemonteer sodat dit doeltreffend deur plantreste en grond kan sny sonder die nodigheid van oormatige gewig om dit in die grond in te dwing. Elke skottel het sy eie drukveer wat help dat hy oor hindernisse soos klippe kan lig sonder om van rigting te verander en dadelik weer kan inval. Agter elke ry skottels is harkies wat die opslagklonte breek en terugdwing grond toe en dan volg die twee rollers van verskillende grotes wat sorg dat die saadbed perfek gelyk en net ferm genoeg is om die fyn tefsaadjies te ontvang. Die Rubin kan op sy eie ook PR O MO SIE ••• KORT NA PLANTTYD WAS DAAR ’N HE WIGE STORM EN DIE KONVENSIONELE GEDEELTE VAN DIE LAND HET SLEG VERSPOEL, MAAR AAN DIE LEMKEN-KANT HET DIE RY TJIES JONG PLANTJIES REGOP BLY STAAN OMDAT DIE WATER KON WEGSAK. werk, maar sy kombinasie-as maak dit moontlik om die Solitair-planter agter aan te haak. Die planter werk met positiewe lugdruk en kan met ’n eenvoudige verstelling letterlik enige saad perfek plant. Die tefsaad was geen probleem vir die planter nie en Werner-hulle het nie gesukkel met verstoppings nie. “Die GPS maak ook die plantproses baie makliker en jy kan sommer sien daar is nie dubbelrytjies of rytjies wat gemis is nie,” sê Werner. Die planterkombinasie is gesleep deur ’n John Deere 8260 en die brandstofverbruik was ’n skamele 4,5 liter/hektaar. “En ons spaar op arbeid,” sê hy. Skakel Blackie Swart by 082-404-9651 of stuur ’n e-pos na sales@ lemken.co.za. Besoek ook www.lemken.com SENWES Scenario • Augustus/September 2015 19