Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 14

••• NUUS REDAKSIE P ieter Swart is die nuwe Uitvoerende Bestuurder by Senwes Credit. Pieter het reeds baie ervaring opgedoen en is reeds die afgelope twee-en-’n-half jaar by Senwes Credit werksaam. Voorheen was hy vir 28 jaar in die korporatiewe bankwese werksaam en gedurende hierdie tydperk het hy ook verskeie inisiatiewe geïmplementeer. Behalwe vir bestuurservaring bring Pieter ook baie finansieringservaring na Senwes Credit. DOEL OM BESIGHEID UIT TE BREI Volgens Pieter bestaan Senwes Credit uit twee afdelings, naamlik finansiering van graanprodusente en kopers en landboudienste. “Aangesien finansiering ‘n integrale deel van die Senwes Groep se besigheid is, is dit my verantwoordelikheid om hierdie besigheid effektief uit te brei en om ons markaandeel te beskerm.” Om dit te kan bereik, is dit van strategiese belang dat daar gesonde verhoudinge met alle kliënte gehandhaaf word. Pieter het bygevoeg dat aan die landboudienstekant hulle besig is om die afdeling te herposisioneer ten einde meer waarde aan alle belanghebbendes toe te voeg. Hierdie afdeling beskik oor ‘n hele paar landbouspesialiste wat kundigheid bied soos byvoorbeeld agronomie, grondkunde, veekunde en landbouekonomie. Senwes Credit verskaf nie net finansiering aan hulle kliënte nie, maar probeer ook om ‘n strategiese vennoot te word sodat die kliënt se uitdagings beter verstaan kan word en waarde tot sy besigheid voeg. Daar word daarna gestreef om aan al die kliënt se finansieringsbehoeftes te voldoen ten einde optimale opbrengs vir die kliënt te verseker. Dit stel hulle dan in staat om tydige oplossings vir die kliënt te bied en saam met hom te groei. ASPEKTE WAAROP TANS GEFOKUS MOET WORD Volgens Pieter is daar tans ‘n paar belangrike aspekte rakende landbou wat aandag geniet. Landbou 12 Augustus/September 2015 • SENWES Scenario is altyd in die politieke spervuur en grondhervorming is ‘n kwessie wat baie onsekerheid laat. Ander aspekte wat ook ‘n invloed het, is die droogtetoestande wat druk op die kliënt se balansstaat en kontantvloei plaas soos wetgewende vereistes, verhoogde insetkoste en die koste van meganisasie. As gevolg van hul goeie verhoudinge werk hulle nou met hulle kliënte saam om hierdie uitdagings die hoof te bied. Dit is juis die impak van die droogte wat deur die hele industrie gevoel word. Vir Senwes Credit gaan dit ‘n uitdaging wees om ‘n oplossing te verskaf aan kliënte wie se rekeninge reeds gedeeltelik agterstallig is. Deur die verhoudinge nog sterker te maak en die effektiewe aanwending van Senwes Credit se personeel, vind ons tydige oplossings vir ons kliënte. Dit is vir Senwes Credit belangrik om proaktiewe oplossings vir kliënte te bied, om sodoende gemoedsrus te verskaf en die kliënt in staat te stel om op sy besigheid te fokus. Kontantvloei en ‘n gesonde balansstaat is ook krities belangrik in tye soos hierdie. Dit beteken dat produsente moet let op hulle koste en hul prysstrategie. Dit is belangrik dat produsente hul vennote in die besigheid nougeset moet kies en ten alle koste moet behou.