Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 12
•••
KO L L I G
alles gelyk. “Sien, al die gars is
dieselfde hoogte. Almal is in
Sub A, nie een in sub B en die
ander in matriek nie”, soos hy
grappenderwys na die groei in
menslike terme verwys.
Op die vloedgrond, oftewel
uitvalle, is pekanneute sy gekose
diversifikasie. Hier hou hy ook sy
lyf entrepreneur deur innoverend
hoë beddings en walle om sy
pekanneut- bome te stoot, dit
dan nat te lei en dan met ‘n laag
strooi te bedek om die water so
effektief moontlik te gebruik.
“En dit hou die boom ook
koel en dit is wat hulle soek”,
verduidelik Dewald terwyl
hy met die groot John Deere
8345 trekker ploeg wat hy tans
uittoets.
FAMILIE
As derde-generasieboer na oupa
Piet Dempers, wat in 1961 hier
begin boer het, en sy pa Hansie,
is Dewald dankbaar vir die
geleentheid wat sy familie daar
vir hom gegee het om te boer
en pak die geleentheid met albei
hande aan. En soos in menige
huwelike doen sy vrou Adéle die
boeke van die plaas om presies
die stand van sake van die plaas
aan Dewald te rapporteer. Hy
het sy hart se punt ook juis hier
in Hartswater gevind in Adéle,
dogter van Fanie Boshoff. Hul
kinders, Lienke-Ann (3) en
Dehan (18 maande) is altyd in
die omtrek en hou dinge fyn dop
om as die toekomstige vierdegenerasieboere hulle uitstekend
van hul taak te kwyt.
Dewald erken dat hy poog
om besig te bly en daarna
streef om die beste te wees. Hy
is so presies dat alles bitterlik
presies, soms perfek, op sy plaas
is. Daar is nie ‘n grashalm of
onkruid te sien nie en die walle
10
BESIG OM ‘N JOHN DEERE TREKKER UIT TE TOETS!
AS JY NOU VIR JOU VERSKAFFERS WIL WYS WAT HULLE VIR JOU BETEKEN
DAN IS ‘N PERFEKTE BRAAI AREA MET AL HULLE NAME OP NET DIE REGTE
MEDISYNE.
om sy damme word gereeld
skoongemaak. Sy werkers is juis
besig is om aan ‘n dam te werk
waar selfs die pomp toegebou
word om sy plaas netjies te laat
Z˂