Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 11

KO L L IG ••• DEWALD DEMPERS WYS HOE OM PEKANNEUTE KOEL EN KLAM TE HOU. kry. Hulle is soms tot twee keer per week op sy plaas. Hy is nie so prysgeoriënteerd dat hy net vir ‘n paar sent sal rondval nie. “Ek weet ek kry die beste prys, want as ek goed doen, doen hulle goed.” So gefokus is Dewald dat hy selfs ‘n braai-area op sy plaas gebou het waar elke besigheidspersoon wat ‘n rol op sy plaas speel in naam op die braaimuur verskyn. En so rammel hy al die name af wat sy boerdery ‘n sukses maak - met Senwes wat ‘n integrale rol hier speel. DIVERSIFIKASIE Die Hartswater distrik ken diversifikasie. Daarom dat Dewald met mielies, koring, gars, lusern, pekanneute, druiwe en grondboontjies boer. Diversifikasie het sy eie intrinsieke benadering. Party mense glo daarin om in die goeie fase wat pekanneute nou beleef, pekanneute op omtrent al hulle grond te plant waar ander weer tot ‘n kleiner mate diversifiseer. Dewald is van mening dat ‘n mens moet diversifiseer. “Maar nie alles nie. Hou by wat jy ken.” So deur die laaste dekade, vandat Dewald in 2006 begin boer het, het hy deur innoverend te dink sy garsproduksie van 7.2 tot 7.4 ton per ha na 8.6 ton verhoog en sy mielieproduksie van 12.3 ton per ha met meer as 2 ton verbeter na 14.4 ton per ha. Dewald is trots op sy plaas, waar hy breëbors alles vir my wys. Dit is wintertyd en hy plant nou gars op sy spilgrond. Hier is presisieboerdery veral van belang en moet jy nie te diep plant nie - hy wys die groeiverskil aan my uit. Hy praat passievol oor elke plant soos hy wys na die een lang wit gedeelte van die stam van ‘n plantjie, waarna hy omtrent moes soek so tussen die perfekgeplante rye. “Hierdie een het omtrent al sy energie gebruik net om bogronds uit te kom, en derhalwe is sy wortelgroei maar bitter min. Dit in vergelyking met die meeste van die sade wat vlak geplant is en waar die wortelgroei welig is omdat die energie op wortelgroei gefokus was eerder as opwaartse groei.” Sy grondvoorbereiding het ook aandag geniet, wat help dat elke garsplant presies dieselfde groei het. Hier maak hy ook staat op kaarte om te bepaal waar hy nog moet besproei en waar hy moet bemes. Dan groei SENWES Scenario • Augustus/September 2015 9