Senwes Scenario August / September 2017 | Page 20

••••
PROMOTIONALARTICLE

Presisieboerdery in saaiery

18
WÊRELDWYD DRAAI INDUSTRIEË NA GEÏNTE- GREERDE DIGITALE PRO- DUKTE WAT VERHOOGDE PRODUKTIWITEIT BELOOF .
FRANCOIS JANSE VAN RENSBURG NASIONALE VERKOOPSBESTUURDER , CEREALIS

Hierdie effektiewe benadering lei dan tot ’ n groter omset , iets waarna elke besigheid streef . Die Landbousektor is geen uitsondering nie .

Vooruitstrewende boere maak gebruik van die beste tegnologiese toerusting vir verhoogde opbrengste teen ’ n laer koste .
Presisieboerdery is gebaseer op die beheer van insette en datagedrewe besluitneming sodat boere slimmer werk , en nie harder nie . Tradisioneel was die fokus op plantestand en populasie , maar omvattende navorsing deur die landboukundige afdeling van Precision POPULASIE Planting Amerika SPASIERING het tot die volgende gevolg-
OPKOMS
SINGULASIE
trekking gelei ( Fig . 1 )
WAT WORD BEDOEL MET DIE KOPTELLING PIRAMIEDE ? As die maksimum potensiaal van ’ n plant twee volledige koppe is met 16 rye in die rondte en 40 pitte in ’ n ry wil ons dit graag op elke plant sien . Hoekom is daar dan plante met een of een en ’ n halwe kop of geen kop ?
AUG / SEP 2017 • SENWES Scenario
Van primêre belang vir produksie is eenvormige opkoms , en wat is die faktore wat eenvormige opkoms beïnvloed ?
• Eenvormige vog vir ontkieming om die pitte op ’ n gelyke diepte in die vogtige grond te plaas .
• Eenvormige plantdiepte vir die minimum temperatuur skommelinge en beter ontkieming .
• Die regte drukking op die diepte beheer wiele . Te veel druk veroorsaak kompaksie op die wortelsone wat die ontwikkeling negatief beïnvloed . Proewe toon ’ n 6 tot 10 % opbrengsverhoging met die gebruik van aktiewe drukbeheer teenoor ’ n vaste verstelling .
• Oesreste in die planter voor wat vog van die pit af trek en ’ n hindernis in die groeipad is wat kan veroorsaak dat die plant later opkom . Dit kan bestuur word met “ row cleaners ”.
• Saad tot grond kontak . ( Nie lugleegtes om die saad nie ) deur van ’ n “ seedfirmer ” gebruik te maak word die pit in die klam grond vasgedruk .
Singulasie Singulasie beteken om een enkele pit elke keer op die regte plek neer te sit . Geen mis pitte of dubbel pitte word bereik deur metereenhede te diens en seker te maak dat die beste metereenheid gebruik word . Verder is ’ n goeie planter- monitor , wat waardevolle inligting van die plantproses weergee , van kardinale belang om foute in die proses te identifiseer en reg te stel .
Spasiëring Met spasiëring word die individuele plante eweredig gespasieer om onnodige kompetisie te vermy . Dit word verbeter deur deeglik aandag te gee aan die aandrywing van die planter . Geslyte kettings en laers kan ’ n nagmerrie veroorsaak . Elektriese aandrywings per ry kan baie kopsere uitskakel die hele sisteem vereenvoudig asook variërende opsies skep .
Optimale plantestand Om die optimale plantestand vir die regte kultivar en grondtipes te kry word met proewe in samewerking met saadmaatskappye bepaal . Daar word van tegnologie soos vSet Select van Precision Planting gebruik gemaak om in dieselfde land tussen kultivars so wel as stand te varieer .
Verder word daar na voeding gekyk om die regte bemesting op die regte tyd en regte plek te plaas . Dit lei tot optimale produksie . ’ n “ Pop-up ” kunsmis in die regte hoeveelheid kan ’ n groot verskil maak om te verseker dat in die V4 tot V6 groeistadium die opbrengspotensiaal so hoog moontlik vasgestel word .
Vir meer inligting oor die beste oplossing vir jou boerdery , skakel Francois Janse van Rensburg by 082 333 1330 of francois @ cerealis . co . za . Petrus van Staden – Senior Landboukundige by 051 853-1141 of Petrus . vanStaden @ senwes . co . za .