Senwes Scenario August / September 2016 | Page 7

2015/16 FINANSIËLE RESULTATE Die mees volatiele landbousiklus ooit 36,8% WINS NA BELASTING R156 m Die strafste El Niño droogte in die geskiedenis het die afgelope seisoen geheers. Dit was in opvolging van ‘n droë seisoen in die 2014/15 jaar en is grootliks verantwoordelik vir die swakker resultate van Senwes se operasionele divisies, filiale en gesamentlike ondernemings. 54,9% GENORMALISEERDE WESENSVERDIENSTE 79 s/a Die daling in genormaliseerde wesensverdienste per aandeel is toeskryfbaar aan dieselfde faktore wat verantwoordelik is vir die daling in netto wins na belasting, maar sluit beëindigde bedrywe uit. 0,8% DIVIDENDOPBRENGS 3,9 % Ten spyte van ‘n laer dividend, dui die dividendopbrengs van 3,9% steeds op stabiele kontantvloei vir beleggers. MARKTOEGANG Senwes Grainlink se finansiële resultate is beïnvloed deur hoër oordragvoorraad en verbeterde voorraad- en kostebestuur. Ten spyte van ‘n onder gemiddelde oesjaar is die markaandeel gehandhaaf en word dit gereflekteer in die goeie netto resultaat. Tradevantage het bo verwagting presteer ten opsigte van volumes. Verhandelingsmarges is egter onder druk aangesien die mark nie drakoste ten volle vergoed het vir vooruitkontrakte nie. Tradevantage het homself ook in die geelmieliemark as erkende markspeler gevestig. Nieteenstaande volumedruk het Grainovation bo verwagting goed presteer en sy markaandeel is ook suksesvol uitgebrei. 28% FINANSIËLE DIENSTE Droogtetoestande het produsente genoop om minder aan te plant, wat ‘n afplatting in die opname van produksiekrediet reflekteer. Senwes Credit was omsigtig en alhoewel balansstate en sekuriteitsposisies van kliënte steeds sterk is, is ‘n groot algemene voorsiening in die proses geskep. Twee opeenvolgende droogtejare het ‘n impak op die kliënt se terugbetaalvermoë en die herstel hiervan sal waarskynlik meer as een seisoen neem. Die Certisure vennootskap tussen NWK en Senwes het in die uitdagendste landboujaar in dekades daarin geslaag om marges en winste te handhaaf. VOORUITSIGTE Weens die 32% afskaling in hektare aangeplant vir die 2016/17 bemarkingseisoen en ‘n swak oesopbrengsverwagting op die 68% hektare wat wel aangeplant is, verwag Senwes ‘n uitdagende 2016/17 finansiële jaar. Alhoewel die verhoging in kommoditeitspryse gedeeltelik opmaak vir die verlaagde volumes, sal die produsenteklant na verwagting eers sy skuldvlakke normaliseer alvorens hy spandering op kapitaalgoedere voortsit. Voorts is heelwat insetmiddele vir hektare wat nie aangeplant is nie, reeds in die vorige finansiële jaar aangekoop en sal die kleinhandels- en direkte insetbesighede nie vanaf die normale basis hul produkte bemark nie. Die graanbesigheid sal die volle impak van die afskaling, sowel as die verlaagde oesopbrengste, ervaar en boonop met ‘n baie lae oordragvoorraad die nuwe jaar moet aanpak. DIVIDENDVERKLARING ‘n Dividend van 20 s/a (2015: 26 s/a) is verklaar vir alle aandeelhouers geregistreer as sulks op die aandeleregister op 26 Augustus 2016 en die dividend sal na verwagting teen 2 September 2016 betaal word. Op las van die direksie. BYDRAE TOT TOTALE WINS UIT BEDRYFSAKTIWITEITE 70% BYDRAE TOT TOTALE WINS UIT BEDRYFSAKTIWITEITE BYDRAE TOT TOTALE WINS UIT BEDRYFSAKTIWITEITE Die wins na belasting het van R247 miljoen na R156 miljoen verlaag, terwyl die genormaliseerde wesensverdienste verlaag het van 175 s/a na 79 s/a. Goeie kontant is egter gegenereer uit die bedryfsaktiwiteite van R164 miljoen, nadat dividende en rente van R89 miljoen en R164 miljoen onderskeidelik betaal is. Die opbrengs op ekwiteit beloop 8,5% en is die laagste in die afgelope dekade. Senwes het weens die verhoogde risiko van droogte gevolglik meer kapitaal gereserveer ten einde in te staan vir die verhoogde r