Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 74

RUBRIEK | COLUMN GARDENING | TUIN Kos vir die siel Jy’s sterker as wat jy dink! Milanie Vosloo Verál wanneer jy swak voel! Iewers in ons sluimer daar ’n vrees dat, wanneer die ergste met ons gebeur, ons dit nie sal kan hanteer nie ... En so broei die “sê-nou’s” in ons harte ... is ons onnodig bang vir dinge wat nooit sal gebeur nie en steel vrees ons lewens- vreugde en vrede. Maar dan is daar ook dié kere wanneer die onverwagte wel oor jou lewenspad kom: Iemand naby aan jou stel jou teleur, ’n kosbare verhouding kom tot 'n einde, jy verloor jou werk, of nog erger, jy verloor ’n ledemaat of belangrike lig- gaamsfunksie ... of een van jou liefhê-mense word ernstig siek, beland in ’n ongeluk ... en sterf selfs. Die waarheid is: As die ondenkbare wel in jou lewe gebeur het, kan jy maar weet: Jou Here weet daarvan, is op daardie tydstip bý jou en is gereed om Sy arms met deernis om jou te vou. En Hy sál aan jou genoeg genade vir elke stukkie van daardie pad gee. Onthou ook: Jy sal nooit weet hoe sterk jy regtig is voordat dinge met jou gebeur nie. Eers dán sal jy besef hoeveel reser- wes, krag, moed, geloof en oorlewingsinstink daar in jou is. Ja, jy gaan met tye voel of jy heeltemal ten gronde gaan en nooit weer jou kop kan lig nie, maar wanneer jy ’n lewe van afhank- likheid leef, sál jy elke dag presies ontvang wat jy dáárdie dag nodig het. Moenie toelaat dat vrees jou lewensvreugde wegneem nie. As die ergste met jou gebeur, sál jy sterk genoeg wees. Juis omdat die Gees jou sterk genoeg sal máák. Ek wéét vandag dat daar niks met my kan gebeur wat U en ek nie saam kan hanteer nie. Wen met Senwes en Cum Uitgewers Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Mei 2019. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deel­neem nie. Vir die volledige kompe­tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. 72 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019 71 | Maak gereed Winter kan soms baie vaal wees, maar dit hoef nie die geval te wees in jou tuin nie. Plant nou al in die herfs jou wintersaai- linge soos leeubekkies, gesiggies, viooltjies, alyssum, primulas, ridderspoor (delphiniums), angeliere (dianthus), foxgloves en petunias. As jy ‘n groentetuin het, is dit nou die tyd om jou uie, kool, broccoli en blomkool te plant. Terwyl jy in jou wintertuin werk, moet jy nie vergeet van al die somerplante nie. Baie van hulle kan reeds in die herfs geplant word en dan reg wees om aan die begin van die lente uit te loop. Alhoewel daar sommige bolle is wat moet wag tot einde April, is daar bolle wat al so vroeg soos Maart in die grond gesit kan word. Tulpe is geneig om te vroeg uit te loop, daarom is dit beter om te wag tot Mei voor hulle geplant word. Digte en oorgroeide lelies, agapanthus, ensovoorts kan nou gedeel word en oorgeplant word in vars, gekomposteerde grond, asook die vestiging van bome, struike, rose en grasperke. Appelkoos- en perskebome moet eers na die winter gevestig word. Rose wat in die herfs geplant word, kry die geleentheid om hulself tuis te maak in hulle nuwe omgewing en gee hulle ‘n voorsprong in die lente. Siektes soos meeldou en swartvlek kom steeds voor en moet gereeld bespuit word. Herfs is ‘n ideale tyd om ‘n komposhoop te begin of om jou huidige hoop aan te vul. Hierdie tyd van die jaar is daar gewoonlik baie dooie blare, plante en grassnysels. Dit is baie belangrik om nie besmette plantmateriaal en uitgetrekte onkruid in die komposhoop te gooi nie. April is ook dan die laaste maand waarin jy jou tuin gaan bemes voor die winter. ‘n Tipiese produk soos 2:3:2 word aan- beveel. Maak seker dat jy genoeg water gee na elke kunsmis- toediening. Dan raak dit ook nou tyd om jou watertoediening op jou grasperk te begin verminder. Daai staatmaker grassnyer moet nie nou net weggebêre word nie - vat hom in vir ‘n goeie diens en maak seker hy is reg vir die nuwe seisoen. Gedurende die herfs en winter kan daar moeite gedoen word om voëls na jou tuin toe te lok deur vir hulle kos uit te sit - die beskikbare kos is nou min.