Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 70

MARKTE | MARKETS Graanmarkvooruitsigte: Herfs 2019 Die plantseisoen was met die skryf van hierdie artikel volledig agter die rug. Die risiko­ pro­duksie­fase is dus betree, waar gesaaides jonk is, pes- en onkruidvry gehou moet word en genoeg reën moet kry om volle produksiepotensiaal te bereik. Sodra bestuiwing suksesvol afgehandel is en die plante fisiologies ryp is, verskuif die fokus na strooptyd. Artikel geskryf: 5 Maart 2019 Deur Hansie Swanepoel Senwes Markanalis T radisioneel is herfs ’n tyd wan- neer daar meer sekerheid oor die grootte van produksie kom – bestuiwing is klaar en plante maak reeds koppe vol. Die einde van herfs word gewoonlik gekenmerk deur die eerste stropers wat reeds in die lande gesien kan word en boere wat praat oor die potensiaal van die komende stroop- seisoen. Hierdie jaar (2018/2019 produk­ siejaar), met aanplantings wat baie laat is, kan egter een wees waar hierdie gesprek- ke aangeskuif word. Die aanplantings is hierdie seisoen heelwat later as normaal. Soos in Grafiek 1 gesien kan word, is die meer- derheid van aanplantings in die Senwes gebied tussen 22 Desember 2018 en 15 Januarie 2019 gedoen. hede wat beskikbaar is nie, maar stel ook ’n groot deel van die oes bloot aan die risiko van vroeë ryp en vroeë koue. Indien die najaar nie goeie reën oplewer nie, kan plante stres ervaar in ’n kritieke tyd van die plant se lewensiklus. Senwes het in meer as een oesopname tydens planttyd en na opkoms sekere bevindings gemaak, in terme waarvan die oes se risiko as volg gekwantifiseer kan word: % Lae risiko 19% Hoë risiko 20% Medium risiko 61% Die persentasies in voorafgaande tabel is hoofsaaklik die hektare in die Wes-Vrystaat en Noordwes wat waargeneem is. Daar word vir ‘n medium groeier mielie sowat 1460 hitte-eenhede benodig en vir ’n kort groeier 1320 hitte-eenhede. Indien daar op die Accuweather se langtermyn- vooruitskouïng gekyk word na die beskik- bare hitte-eenhede, is daar slegs sowat 1275 hitte-eenhede beskikbaar tot einde April 2019. Daar is dus ’n wesenlike risiko dat plante nie volle opbrengspotensiaal gaan lewer nie. Die gemiddelde intreedatums vir ryp word in Kaart 1 onderaan aangedui. 15 Nov 30 Nov 15 Des 22 Des 15 Jan Grafiek 1: Plantdatums in Senwes-gebied. Hierdie laat aanplantings sit nie net die opbrengs op risiko met minder hitte-een- 68 Kaart 1. Die gemiddelde intreedatums vir ryp. SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019