Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 67

GRAIN BROKERS | GRAANMAKELAARS Tabel 1: El Niño en La Niña jare klassifisering La Niña El Niño Weak (0.5 to 1°C) 1952-1953 1953-1954 1958-1959 1969-1970 1976-1977 1977-1978 1979-1980 2004-2005 Moderate (1 to 1.5°C) 1951-1952 1963-1964 1968-1969 1986-1987 1994-1995 2002-2003 Strong Very Strong Weak Moderate (1.5 to 2°C) (>2°C) (-0.5 to -1°C) (-1 to -1.5°C) 1957-1958 1965-1966 1972-1973 1987-1988 1982-1983 1954-1955 1997-1998 1964-1965 2015-2016 1971-1972 1974-1975 1991-1992 1983-1984 1955-1956 1973-1974 1970-1971 1975-1976 1995-1996 1988-1989 2011-2012 1998-1999 1999-2000 1984-1985 2009-2010 2007-2008 2000-2001 2005-2006 2014-2015 2008-2009 2016-2017 Strong (<-1.5°C) 2010-2011 ` 2017-2018 Bron: GG Weather Kumulatiewe reenval vir die verskillende sterk El-Nino jare sedert 1950 in die Westelike gebiede 800 700 600 500 400 300 200 100 0 Jul Aug Sep Oct Nov Dec Jan Feb Mar Apr May Jun Maande 1957/58 1965/66 1972/73 1987/88 1991/92 1982/83 1997/98 2015/16 Gemiddeld Sterk El Nino seisoene Gemiddeld alle seisoene Figuur 2: Kumulatiewe reënval vir die verskillende sterk El Niño jare sedert 1950 vir die westelike produksiegebied. Bron: Thys Grobbelaar deel volgens die tipe seisoen wat ervaar is, soos opgesom in Tabel 1. Indien daar oor die lang termyn gekyk word na El Niño en La Niña verskynsels, word die werklike impak daarvan op opbrengsverwagting duidelik. Die afwy- king van die 5-jaar rollende gemiddelde opbrengs was in Figuur 2 van die artikel in die vorige uitgawe vervat. Visueel word dit duidelik dat nie alle El Niño jare in die verband noodwendig gekoppel kan word aan onder-gemiddelde opbrengs nie, maar wel dat die jare wat die grootste onder-gemiddelde opbrengsafwyking getoon het, die sterk tot baie sterk El Niño jare was. Die afwyking tydens sterk en baie sterk El Niño jare was gemiddeld sowat 30% laer as die 5-jaar rollende gemiddelde opbrengs. Die enigste uitson- dering waar ‘n seisoen wat nie ‘n El Niño seisoen was nie, ‘n groot onder-gemiddel- de afwyking getoon het, was die 1983/84 produksieseisoen toe die tropiese storm Domoina vloede oor die oostelike pro- duksiegebied veroorsaak het en vog oor die sentrale en westelike produksiegebied uitgetrek het. Die oostelike produksiege- bied het effektief versuip terwyl die weste verdroog het in ‘n jaar wat geklassifiseer was as ‘n swak La Niña jaar. Daar is wel nie hierdie seisoen werklike tropiese sikloonaktiwiteit nie, maar die impak van ‘n sterk tot baie sterk El Niño is beslis groot op die opbrengspotensiaal van die sentrale en westelike produksie­gebied. Dit blyk ook dat die negatiewe impak op opbrengs vir die weste met tyd al hoe groter geword het. Die onder-gemiddelde opbrengsaf- wyking vir die westelike produksiegebied tydens sterk El Niño jare kan verder tot ‘n groot mate gekoppel word aan die onder-gemiddelde reënval wat realiseer tydens hierdie seisoene. Figuur 3 tref die vergelyking en die uitsonderings is duide- lik weer teenwoordig in die vorm van die 1957/58 en 1987/88 produksiejare, maar reënval is oor die algemeen onder-gemid­ deld tydens hierdie seisoene. Dit moet egter wel uitgelig word dat dit belangrik is om die beskikbare grondvog in ag te neem wanneer ‘n El Niño seisoen bin- negegaan word. Indien die voorafgaande seisoen goeie bo-gemiddelde reënval opgelewer het, behoort die impak van onder-gemiddelde reënval op opbrengs tydens ‘n El Niño seisoen kleiner te wees. Om saam te vat: die 2018/19 voor- seisoen kumulatiewe reënval was laer as die gemiddeld, wat verskil van die geskiedkundige realisasie tydens swak El Niño seisoene. Reënval het egter wel toegeneem tydens Februarie 2019, maar die risiko bestaan dat die seisoen steeds die onder-gemiddelde reënval tydens die midsomertydperk vir swak El Niño seisoene kan realiseer. Hierdie artikel het egter die impak van ‘n sterk tot baie sterk El Niño seisoen op reënval en produksie uitgelig. Die inligting hierin vervat is ge- baseer op werklike historiese realisasie van weerverskynsels en getoetste modelle oor tyd. Dit is duidelik dat die waarskyn­ likheid van onder-gemiddelde reënval en opbrengs tydens hierdie seisoene baie groter is as die norm. Dit het ook na afloop van die meer onlangse El Niño gebeurtenisse duidelik geword dat die negatiewe impak op opbrengs groter is vir die westelike produksiegebied. Seisoene bly nietemin uniek en die ontwikkeling van die bestaande seisoen is geen uit- sondering nie. Elke produsent sal dus sy eie risiko moet bepaal en seker maak dat beskikbare grondvog voldoende is voor ʼn aanplantingsbesluit geneem word. SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019 65