Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 57

JAG | HUNTING reuk van 'n kampvuur met die moerkof- fiepot wat rustig eenkant op die kole staan. Die reuk van nat grond as dit die vorige aand gereën het. Die vars reuk van stokbrood en stroop langs die kampvuur. Net soos wat sekere reuke goeie herin- neringe terugbring, is daar ook prentjies in die veld wat vir altyd onthou word. 'n Groot kremetartboom in die bosveld is eie aan die omgewing. Waar anders kry jy so 'n mooi doringboom soos 'n kameel- doringboom in die Kalahari? Nêrens kan jy so mooi sonsopkoms sien soos uit jou slaapsak in die veld nie. Waar anders as in die veld wil jy wees op 'n donkermaa- naand as jy sterre wil kyk? Saam met die reuk en prentjies is daar ook ander ervarings wat ons in ons hart bêre sodat ons vir die nie-jagters kan vertel waarop hulle alles uitmis. Die naggeluide van die veld is een van die ervarings wat ons saam met ons dra. Die vriendskap in die kamp, die lekker vars lewer wat jy braai in die veld en vele ander is ervarings wat jy kan ervaar, maar nie kan oordra aan iemand anders nie. Hulle moet dit self ervaar voor hulle kan weet wat ons van vertel. Die oomblik wat my jaar na jaar weer terug laat verlang veld toe is die oomblik wat God aan 'n jagter geskenk het. Sodra die bok in my visier is en ek weet dat ek die mag het om op 'n verantwoordelike manier die dier se lewe te neem, en dan die skoot te laat afgaan, is vir my 'n onvergeetlike oomblik. Die verantwoorde- likheid wat saam met jag aan ons geskenk is, om te benut net dit wat ons kan ge- bruik, is 'n ongelooflike gawe en ervaring. My kuiers in die veld en wat ek alles in die veld wil doen, is reeds haarfyn beplan. Ek weet waar ek die jaar gaan jag. Soos baie vorige jare is ek weer op pad Noord-Kaap toe. Ek het reeds bevestig dat ek kan jag wat ek graag wil jag. My kaliberkeuse vir elke jag is reeds op besluit. Ek is hard aan die oefen om seker te maak dat ek die regte skoot op die regte plek kan plaas. Kom ons as jagters gaan die seiso- en uit met die wete dat jy in 'n oomblik vir jou 'n lewe se stories bymekaar kan maak. Gaan geniet elke oomblik in die veld! SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019 55