Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 54

NUUS | NEWS 50 | Dipsie Lichtenburg, Bloemfontein, Royal en Nampo. Wat maak haar so spesiaal? Wel, sy is ‘n mediumraamkoei, het ‘n goeie uier met baie melk, goeie konformasie, diepte en breedte en is struktureel korrek. ‘n Uitskieter in die ware sin van die woord! Dipsie gaan gebruik word vir embriospoeling om soveel as moontlik van haar besondere genetika in die stoet te vermeerder. Verder het Paddy, Dipsie se 2018-bulletjie, boonop die potensiaal om in haar spore te volg. Hulle sê mos, elke bul se ma is ‘n koei maar in dié geval is dit Dipsie, ‘n kampioenkoei. Hinterland Interraskampioenskappe @ Alfa Hinterland bied met hulle kampioen- skappe ‘n wonderlike vertoonvenster vir kampioene van alle rasse. Skou, soos in die Oelofses se geval, is ‘n sinvolle bemarkingsgeleentheid. Alhoewel daar addisionele koste aan skou verbonde is, oortref die voordeel wat hierdie stoet uit skoudeelname verkry, die uitgawes verbonde daaraan. Die feit dat Dipsie so uitstekend presteer het, het haar waarde aansienlik verhoog. “Wie sou van haar geweet het as sy nie hierdie skouprestasies behaal het nie?,” vra Chris. Te danke aan Dipsie se prestasies is haar ma, Dittie, onlangs op ‘n veiling vir ‘n uitsonderlike hoë prys aan ‘n Simmetalerteler verkoop. Maar dit gesê, is kompetisies, verskoon die woordspeling, vir hulle nie die alfa en die omega nie. Raad aan nuwelinge Chris is positief oor stoetteling en beveel dit graag aan vir beesboere met ‘n liefde vir Simmentalers. Onthou, die loopkoste van stoetbeeste is dieselfde as vir kommersiële beeste. Stoettelers kan hoë pryse behaal vir diere wat geneties meerderwaardig is, terwyl kommersiële beeste, ongeag hul kwaliteit, ‘n plafon het waarteen hul verkoop. Hulle raad aan toetreders is eenvoudig: Moenie noodwendig die duurste diere op veilings koop nie, moenie toppryse najaag nie en vermy oorhaastige koop- transaksies. Besoek verskeie kuddes en streef daarna om struktureel korrekte diere met goeie teelwaardes te koop. ‘n Belangrike brokkie raad van Chris is om die beste bul wat jy kan bekostig, te koop en van KI gebruik te maak om nageslag van geneties meerderwaardige bulle te teel. Deelname aan prestasietoetsing is ook onontbeerlik. Laastens beveel hy aan dat jy jou oë en ore oophou en na die mark luister. Die Oelofses voel die lof kom nie hulle alleen toe nie, maar ook elke personeellid, in besonder Jors Kgosietsile, haar hanteerder, wat ‘n aandeel in Dipsie se prestasie gehad het. Met die passie van Pieter, en ‘n bietjie geluk, gaan hulle die toekoms in om hopelik nog vele trofeë in te palm. Teel so voort Oelofses! Ontsluit jou potensiaal met DEKALB ® -innovasie ES OU SUKS PLANT J DEKALB ® wens graag vir Senwes Scenario geluk met hul 110de bestaansjaar. DEKALB® is ’n geregistreerde handelsmerk van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021. www.dekalb.co.za DEKALB SA 52 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019 DEKALB South Africa dekalbsa @DEKALB_SA