Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 40

AREAFOKUS | AREA FOCUS Standerton stel die standaard Senwes Grainlink nou ook in Kosmoswêreld Jy kry mense wat ander volg en dan kry jy mense wat die standaard daarbuite stel, en Standerton is beslis ’n leier op baie gebiede. Sowat ’n jaar gelede het Senwes Grainlink juis Mpumalanga, en spesifiek Standerton, betree en klaar maak die span ’n verskil daar. En met dié fokus Senwes Scenario op die Mpumalangastad asook op een van ons produsente daar, Edzard Biermann.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D ie stad Standerton staan al sterk sedert 142 jaar gelede toe dit op die plaas Grootverlangen aangelê is en, vir geskiedkundiges, is die plek vernoem na kommandant Adriaan H. Stander, wat die oorspronklike eienaar van hierdie plaas was. Standerskop, ‘n heuwel naby die dorp, wat sowat 1 640 m bo seespieël is, is ook na hom vernoem. Tydens die eerste Vryheidsoorlog het die boeremagte ook hier op die Britse magte gevuur. SENWES GRAINLINK Die Senwes Grainlinktak is al sedert 2018 in Standerton gesetel. Neil is die streeks- graanbemarker hier, met Joelien wat die administrasie en kontrole doen. VORDERING Met geen klante ‘n jaar gelede het hulle 38 nou amper 70% van die betrokke klante in die gebied al persoonlik gaan ontmoet, hul inligting opgedateer en hulle herbe- soek, met baie wat al klaar opgetekende Senwes klante is. Maar daar is ander wat u alreeds ken. BEKENDES VAN DIE GEBIED Baie Suid-Afrikaners onthou ons hertoetre- de tot internasionale rugby en ons eerste wêreldbeker rugbywedstryd was teen Australië, waar Pieter Hendriks om die beroemde David Campese gehardloop het om sy indrukwekkende drie te druk en ons aanspraak op die titel duidelik te maak. Dit was ‘n katalisatoroomblik wat tot die titel gelei het. Hy is ‘n staatmaker Standertonner. Dan is nog ‘n Springbok, Jaco Kriel, ook deur die skoolbanke in Standerton met nog rugbysterre soos Quinton Swartz en Howard Mnisi wat hierdie water gedrink het. Ons bly by rugby met internasionale skeidsregter Mark Lawrence, wat die fluitjie in die 2003 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019 en 2007 wêreldbekertoernooie geblaas het en wat ook 'n trotse Standertonner is. Terwyl Standertonmense duidelik hul man kan staan, kan hierdie mense ook hulle lywe behoorlik laat draai met Afrikaanse sanger Pieter Koen, wat be- kend is vir sy “Skud jou Biscuit” en vele ander treffers, wat ook van Standerton is. En te oordeel aan die advertensieborde in die stad, is daar baie ander Pieters buiten Hendriks en Koen. Dan is baie van ons landsburgers bekend met die oggendprogram Morning Live - die aanbieder Sakina Kamwendo, is ook ‘n Standertonner. OU GEBOUE EN INTERESSANTHEDE Op die bult is die Meadows aanleg, wat uittroon bo die gebied. Dis natuurlik die groot graankontrak wat Senwes los- geslaan het en wat Neil en Jolien onder andere diens. Standerton is letterlik oortrek met ou kerkies en geboue - ‘n ware pot vol