Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 4

ALGEMEEN | GENERAL COLUMN | RUBRIEK Uit die Woord Mahlogonolo a letsatsi la matshalo Senwes G elukkige verjaarsdag, happy birthday oftewel mahlo- gonolo a letsatsi la matshalo Senwes. In kort beteken dit ‘veels geluk Senwes’. Ons produsente in Suid-Afrika is bekend met die verskillende maniere om iemand geluk te wens. Maar maak nie saak hoe jy dit sê nie, Senwes word 110 jaar oud op 15 Mei 2019. So gepraat van 15 Mei. Het jy geweet dat die Department van Landbou in die Verenigde State juis op die einste dag in 1862 ges- tig is. Ander landbounuus is dat amper 400 jaar gelede, in 1625, is 16 rebelleprodusente in Vocklamarkt in Oostenryk vermoor. So bietjie meer oor die dag. Senwes deel ook die dag met wêreld- bekende oudbokser, Rocky Marciano, wat op 15 Mei 1953 met Jersey Joe Walcott klaargespeel het. Een van die heel beste sagte- balspelers is Joe DiMaggio en hy het ook op dié betrokke dag in 1936 sy 56ste agtereenvolgende wedstryd met ten minste een ‘home run” gewen. Ander nuus is dat Napoleon in Milaan geland het in 1796 en Amy Johnson het op die dag in 1936 vanaf Suid- Afrika na Croydon in Engeland gevlieg, en die afstand in 'n rekord- tyd van 4 dae en 16 uur afgelê. Vanjaar is dit ook Nampotyd rondom Senwes se verjaarsdag, wat vanjaar op 14 Mei open en tot en met 17 Mei duur. Geniet die volgende tyd, want dis oestyd! It’s harvest time, of jy kan dit in enige van die 11 nasionale tale sê, soos byvoorbeeld Setswana, Nako ya puno e atumetse! Ds. Willie Botha Dra jy vye? Lees: Lukas 13:6-9 DIE VYEBOOM IS dikwels as ʼn simbool van seëning in die geskiedenis van Israel beskou. Deuteronomium 8 erken die vyeboom as deel van God se seëninge en die aantreklikheid van die Beloofde Land. Ook in die Tuin van Eden word die vyeboom pertinent genoem. Vir ‘n Israeliet was dit ʼn hoogtepunt indien hy onder sy eie wingerdstok of vyeboom kon sit. Dit was simbolies van voorspoed, vrede en geluk. Dit het gewoonlik vir ʼn vyeboom drie jaar geneem om sy eerste vrugte te dra. Maar die wet in Levitikus 19 het bepaal dat vir die eerste drie jaar van vrugdra, die vrugte nie geëet mag word nie. In hierdie gelykenis was die boom dus 6 of 9 jaar oud. Hierdie boom, wat op die piek van sy produksie­ leeftyd was, kon 3 dragte vye in een seisoen lewer. Die eienaar van die wingerd kom en soek vye aan die boom. Aangesien hy na 3 jaar steeds niks aan die boom vind nie, beveel Hy dat die boom uitgekap moet word. In plaas van vrugte te dra, put dit die grond uit en verhoed dit dat ’n ander vrugbare boom aan sy doel kan beantwoord. Die landheer is niemand anders as God nie, terwyl die boom die Joodse volk wil uitbeeld. Jesus is waarskynlik self die tuinier. Vir drie jaar het Jesus die mense geleer en tog het die Jode Hom nie geglo nie. God het na hulle toe gekom, Hy het hulle kom soek, maar Hy het nie ʼn volk gevind wat volgens Sy weg wandel nie. Nadat die oordeel oor die boom gefel is, kom die Tuinier met ʼn versoek. “Gee die boom nog ʼn kans, ek sal hom bemes en die grond rondom die boom omspit. Dalk dra die boom volgende jaar tog vrugte. As die boom egter nie op die bewerking reageer nie, kan U hom uitkap.” Die verhaal wil die genadetyd wat God gee, beklemtoon en dit is op die hele mensdom van toepassing. Net soos ʼn somer stadig maar seker verbygaan, is God se genade ook nie vir altyd nie. Daar kom ʼn tyd wanneer die boom moet vrugte dra en aan sy roeping moet voldoen. Party vyebome dra reeds van jongs af vrug, terwyl ander met laatvrugte begin. Jesus doen soveel moeite met ons elkeen se boom. Deur Sy Gees doen Hy omspitwerk en gee bemesting, sodat ons aan ons uiteindelike doel op aarde kan voldoen, naamlik om vrug te dra in God se wingerd. Hy tree vir ons in sodat die oordeel wat God in sy geregtigheid oor ons uitgespreek het, nie voltrek word nie. Wat sal Jesus aan jou vyeboom kry? Maar let wel: Die somer se einde is op hande. 02 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019