Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 36

PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS Suikerbone is een van die gewasse wat Edzard Biermann verbou. FAMILIE EN BOERDERY 13 | Produsent Edzard Biermann kop uit op ’n ander plek, maar hy smoor dit met elektriese heinings, kame­ras en brandbestryders. Hy het besluit om hierdie seisoen na Senwes te skuif om voordeel te trek uit die vervoerdifferensiaal en dis die bankbalans en diens wat die verskil by hom sal wees. Hy het juis Senwes streeksgraanbemar- kingsadviseur, Neil Kemp, se woorde ter harte geneem: “Kom probeer ons uit.” Sy plan is om oor die volgende paar seisoene store en damme op te rig en die graan dan deur te vloei na Senwes. Hy boer saam met sy vrou Marscha en twee kinders Bregithé (8) en Adolf (4) en vir Neil is dit wonderlik dat Marscha so deel is van die boerdery en ingelig is rakende alle aspekte. Edzard geniet dit om saam met haar te boer. “Hoe harder jy werk, hoe beter sal dit met jou gaan.” Sy ander wenk is dat baie mense sê die Here sal jou seën, maar jy moet Hom plek gee om jou te seën. Pioneer doen ook gereeld proewe op sy plaas vir die afgelope 6 jaar en wat vir hom belangrik is, is dat dit intydse data en inligting van sy plaas is. “Kennis is mos mag.” Dis nie proefinligting op ’n ander se plase soos by menigte boeredae beskikbaar gestel word nie, dis op sy plaas. Hy het jare lank self aan sy 4440 John Deere trekkers gewerk sodat dit die volgende oggend dou voor dag weer kon loop. Sy broer Frederich help hom ook met die instandhouding. Sy laaste raad is om die beste te maak met dit wat jy het. Dit doen hy verseker. Boer so voort Biermann! Astral en Meadow Feeds wens graag vir Senwes geluk met 110 jaar van sukses in landbou. Meer as net voer 34 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019