Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 32

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL 29 | Die mikotoksienrisiko dat dit veral ’n hoë frekwensie van TeA- besmetting het. Nie veel is bekend oor die effek van TeA op herkouers nie, maar dit inhibeer die vorming van proteїen (spiergroei) en is bekend vir hul nadelige uitwerking op die dermwand by pluimvee. Gras Spesifieke swamme kan in die lote van sekere grasse groei, soos Neotyphodium- spesie op fescuegras, en dit kan toksiese ergotalkaloïede (ergot) produseer wat bewerasie en vasokonstruksie kan veroorsaak en so ook hittestres vererger. Dit kan ook lamheid, mastitis en vrugbaarheidsprobleme aanspoor. In sommige gras- of graangewasse, is daar ook ’n risiko van ander ergotswamme soos die Claviceps-spesie, wat ook toksiese alkaloïede kan produseer. Lusern Lusern is ’n ander algemene voergewas en dit kan ook deur deoksinivalenol (DON), searalenoon (ZEN) en aflatoksien B1 besmet wees. Aflatoksien B1 kan in melk oorgedra word en ‘n gesondheidsrisiko vir mense inhou (kankerwekkend). Skenk aandag aan die stoor van ruvoer soos lusern en ander tipes hooi of strooi om die risiko te verminder van Aspergillus flavus en verwante spesies wat aflatoksiene produseer. Aflatoksien word gewoonlik geproduseer gedurende swak opbergingstoestande. Kuilvoer Kuilvoer bring ’n ander dimensie 30 van mikotoksienrisiko na vore, aangesien bykomende swamme in die kuilvoerbunker kan groei. Dit is belangrik om nie merkbaar gemufte dele van die kuilvoer te voer nie, aangesien talle van die swamme (soos Mucor hiemalis of Aspergillus fumigatus) siekte by diere of mense kan veroorsaak, en talle van hulle (insluitend A. fumigatus) mikotoksiene kan produseer. A. fumigatus is een van die algemeenste kuilvoerswamme en kan gliotoksien produseer, wat die immuniteit van diere kan verswak. Ander algemene kuilvoerswamme sluit in Penicillium roquefortii (wat roquefortien C, patulien en mikofenolsuur kan produseer) en Monascus ruver (wat sitrinien kan produseer) insluit. Die beduidendheid van hierdie individuele tipes kuilvoermikotoksiene by herkouers verg meer navorsing, maar daar is genoegsame bewyse dat gemufte kuilvoer oor die algemeen nadelig is. Benewens om nie gemufte kuilvoer te voer nie, is dit belangrik om die risiko van kuilvoerswamme te verminder deur met die regte voginhoud vir kuilvoer te begin (nie te droog nie), die kuilvoer voldoende te kompakteer en dit so lugdig as moontlik te bedek.’n Doeltreffende kuilvoerinokulant (Biostabil ®) is ook belangrik om die stabiliteit van die kuilvoer tydens inkuiling en in die uitvoerfase te verbeter. Uitwerking op diere Talle van die mikotoksiene wat in voere teenwoordig is, het ’n nadelige effek op proteïenvervaardiging. Dit beteken dat, soos met talle van die algemene mikotoksiene, die uitwerking dikwels gesien word in die snelgroeiende selle in SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019 die liggaam wat vinnige proteïensintese vereis, dus die dermwand, die lewer en immuunselle. In die meeste gevalle sal die vernaamste mikpunt wees om DON en verwante mikotoksiene doeltreffend te hanteer. DON verhoog die absorpsie van ander mikotoksiene deur die dermwand en die teenwoordigheid van ander mikotoksiene verhoog om die beurt die effek van DON op diere. DON kan nie effektief gebind word deur mikotoksiebinders nie en daarom is nuwe tegnologie nodig om dit met behulp van ensieme onskadelik te stel. Mikotoksienoplossings Mikotoksienrisikobestuur vir herkouers moet ’n wye reeks mikotoksiene kan hanteer wat in graan, ruvoer en weiding teenwoordig is, asook mikotoksiene wat tydens stoor en inkuiling geproduseer word. Mycofix® hanteer hierdie bekommernisse met ’n veelvuldige strategie van adsorpsie/ binding (doeltreffend op aflatoksiene, ergotalkaloïede en sommige van die tipes kuilvoerswamme), biotransformasie (die unieke bewese vermoë om deur middel van ensieme die mikotoksiene onskadelik te stel), en biobeskerming om die kwesbare selle van die dermwand, lewer en immuunstelsel te beskerm. Vir meer inligting, kontak Albert van Rensburg en sy span by Biomin Suid- Afrika by 018 468 1455, 018 468 1456 of 083 409 5315, stuur ’n epos aan albert. [email protected] of besoek die webtuiste www.biomin.net. Verwysings is op versoek beskikbaar. Volg ons op FB: Biomin South Africa.