Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 24

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Oorwintering: Waar lê die uitdagings? Alhoewel daar al baie oor die onderwerp ‘oorwintering’ geskryf is, bly dit ’n groot uitdaging vir elke produsent, enersyds omdat voer in alle waarskynlikheid die grootste koste-inset vir die veeboer is en andersyds omdat geen twee wintertydperke ooit dieselfde is nie. Voeg daarby kwessies soos die gehalte en hoeveelheid beskikbare veld wat met die wintertyd- perk gepaard gaan, veldbrande, ongewone lang winters, asook die produksieverwagting wat produsente van hulle vee het – en ons het ’n resep vir ’n baie uitdagende winter.  Deur Phillip Lee Hinterland Diereoplossingsbestuurder H ierdie artikel fokus op sekere aspekte van oorwintering, met die klem op die slaggate, die moets en moenies van voervloei, voerbehoeftes en sekere prak- tiese riglyne om oorwintering so prakties 22 en ekonomies as moontlik aan te pak. WAAR TRAP ONS NOG KLEI? Landbouers werk met die natuur en het geen beheer daaroor nie. Daarom is dit belangrik om versigtig om te gaan met wat die weerprofete sê – al word ’n nat winter voorspel, moet ons beplanning van so ’n aard wees dat ons eerder vir die SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019 ergste voorberei. Die winter van 2018 is klinkklare bewys hiervan, toe veeboere tot laat in November steeds winterlekke moes voorsien in dele van die Vrystaat en Noordwes. Wat my by die volgende slaggat bring, naamlik beplanning. Boere is geneig om reaktief op te tree, gewoonlik met