Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 8

NUUS 04 | Senwes "Vir die Boere" Landbou is die hoeksteen van enige suksesvolle ekonomie, ongeag die land waarvan ons praat. “Ons moet die belangrikheid van die pro- duksie en aankoop van plaaslik geprodu- seerde goedere in plaas van die aankoop van ingevoerde goedere beklemtoon. Suid-Afrikaners moet verstaan dat die koop en produksie van plaaslike goedere 'n baie groot impak het in terme van werkskepping, werksekuriteit en -volhou- baarheid. “Politici gaan nie die veranderinge maak wat ons nodig het nie - ons, gewone Suid- Afrikers, sal en dit begin met bewusma- kingsveldtogte soos dié. “Ek wil graag almal bedank wat op ons aanvanklike veldtog, #braai4farmers, gereageer het en doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaers om die uitbreiding van hierdie veldtog te ondersteun. Hou die Senwes sosiale media platforms dop vir verdere dekking van ons inisiatief", het Francois mee afgesluit. As jy graag 'n kans wil staan om jouself in die volgende Senwes Scenario te sien, neem dan 'n selfie waar jy een van die gemelde kommoditeite geniet en stuur dit, sowel as jou naam en gebied, na 076 1424 008. Kom ons doen dit vir die boere! 6 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 Senwes staff #eetplaaslikehoender #eatlocalchicken