Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 68

NUUS Thobo Trust loods groentetuinprojek by Itokisetseng skool Thobo Trust, die Senwes Groep se BBSEB en sosio-ekonomiese vennoot, het aan 'n skoolgroentetuinprojek begin werk op 23 Oktober 2018. Deur Kefiloe Manthata Senwes Joernalis N ou, vyf maande later, word die projek op 14 Maart 2019 by Itokisetseng Combined School, naby die Senwes Losdoorns silo, geloods. Senwes direkteur, Thabo van Zyl, en sy vrou Ninette was instrumenteel daarin om die projek van die grond af te kry en het hulp verleen in terme van arbeid en advies ten einde te verseker dat die aanplant van die groete en die uiteindelike oes daarvan, sonder probleme sou verloop. Deur 'n sterk vennootskap tussen Senwes, 66 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 Syngenta, Omnia, Senwes Grainlink, Senwes Equipment en Itokisetseng Combined School is groente op sowat 1,4 hektaar op die skoolgronde in Losdoorns in die Vrystaat geplant. Tydens die eerste aanplantingsfase, wat eintlik 'n toetsfase was, is slegs kool geplant ten einde die vrugbaarheid van die grond te toets. Nadat donasies ontvang is vir die verskaffing van skadunet om die groente teen die erge Vrystaatse son te beskerm, is die aanplantingsfase voltooi. Die goeie nuus is dat die eerste fase 'n reuse sukses was en dat die groente floreer. Itokisetseng-leerders by die bekendstelling van die tuinbouprojek.