Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 63

NUUS Die Brüderspan: Pieter, Folo en Maryke. volgende 12 maande beskikbaar gaan wees vir hoofkantoor personeel en gaste. Senwes personeel en besoekers kan seker wees dat die beste koffiemengsels en barista-kuns tot hul beskikking gaan wees. “Folo, ek en Maryke sal voortdurend poog om ons vaardighede uit te brei en te verbeter deur ook deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Barista Kampioenskappe later vanjaar. Brüder kry sy koffiebone van 'n Johannesburgse verskaffer wat uit Colombia, Kenia en Tanzanië invoer. Die geheim om die beste geur, aroma en smaak te kry, lê egter in die roosterproses,” sê Pieter. Lees meer oor die Brüder Coffee Roastery en die storie daaragter by www.brudercoffee. co.za. Senwes is trots daarop om hierdie plaaslike besigheid te ondersteun. *Vir meer oor die plaaslike koffiebedryf, lees die Senwes Scenario artikel aanlyn by hierdie QR-kode. SENWES SCENARIO | HERFS 2019 61