Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 62

NUUS Senwes ondersteun plaaslike besigheid Na die behoefte vir 'n goeie verskeidenheid koffieskeppings deur Senwes hoofkantoor personeel uitgespreek is, het die maatskappy sy werknemers op Maandag, 11 Februarie 2019 verras, deur plaaslike Klerksdorp Brüder Coffee Roastery toe te laat om 'n koffiestasie in die ontvangsarea in te rig.  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur S enwes Eiendomsbestuurder, Johan le Roux, sê dat hy beïndruk was met Brüder. “Ons het verskeie verskaffers genooi vir voorleggings, maar uiteindelik was dit Brüder se passie wat ons oortuig het om hulle toe te laat om hul staal te wys vir 'n vier-weke proeftydperk.” Die eienaars, Pieter en Maryke Schoonwinkel, bedryf die 60 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 koffiestasie, saam met hul betroubare mede-barista Tsela Ramofolo, of Folo soos hulle hom noem. Die Schoonwinkels is Klersksdorp inwoners en die Brüder handelsmerk is hul eie. “Ons is vir die afgelope jaar al in besigheid en die Senwes koffiestasie is ons eerste werklike koffiestasie. Tot nou toe het ons ons eie koffie gerooster en plaaslike ondernemings voorsien,” sê Pieter. Die goeie nuus is dat die vier-weke proeftydperk suksesvol was en dat die Brüder Coffee Roastery se stasie vir minstens die