Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 60

MENSLIKE HULPBRONNE Ontwikkel potensiaal... oes uitnemendheid! "Verbeel jouself dat jy 'n span op jou plaas het, wat almal ten volle betrokke is in en entoesiasties is oor hul werk; wat omgee vir die toekoms van die plaas en wat bereid is om die diskresionêre moeite te doen wat normale pligte oorskry en wat die sukses van die boerdery verseker.”  Deur Emmie Pietersen Direkkteur Peritum Agri Institute B ogenoemde is Seitjs se definisie van werknemerbetrokkenheid. Betrokkenheid is nie dieselfde as tevredenheid nie. Iemand kan gelukkig en tevrede by die werk wees, maar dit beteken nie noodwendig dat hy/ sy hard werk en produktief is namens die boerderybesigheid nie. Volgens Gallup, 'n wêreldkundige op die gebied van werknemerbetrokkenheid, is die meerderheid van werknemers wêreldwyd - 63% - "nie betrokke nie", wat beteken dat motivering ontbreek en dat hulle minder geneë is om diskresionêre moeite te belê in die besigheid se doelwitte en resultate. Slegs 10% van werknemers in Suid-Afrika is ten volle betrokke. 'n Ongelooflike 57% is nie betrokke nie en 33% is aktief onbetrokke. Ten einde 'n optimale werksmag effektief te bestuur, moet 'n produsent na optimale betrokkenheid strewe. Dit kan slegs gedoen word deur aandag te skenk aan produktiwiteit sowel as aan mense. Die wyse waarop daar aan die behoeftes van werknemers voldoen word, het 'n direkte invloed op hul prestasie. Deur slegs op produktiwiteit te fokus, kan tot 'n verlaging in werknemeruitsette lei. Deur aandag te skenk aan die behoeftes van werknemers beteken dat gefokus moet word op hul welstand as beide werknemers en individue. Beleefde en konsekwente behandeling, werksekuriteit, regverdige vergoeding 58 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 en veilige werksomstandighede is belangrik vir werknemers. Wanneer hierdie behoeftes geïgnoreer word, kan werknemerontevredenheid 'n negatiewe impak op produktiwiteit hê. Die verband tussen werknemerproduktiwiteit en die winsgewendheid van die boerdery is direk en duidelik. Of jy nou 'n boer is wat deurlopend poog om produksie te verbeter ten einde die langtermynvolhoubaarheid van die besigheid te verseker, of 'n boer wat op 'n plaas boer wat geleidelik agteruitgaan, en wat min belangstelling toon in die verhoging van oeste of om winste terug te ploeg in die onderneming... weet dat jou benadering en houding tot produktiwiteit werknemeruitsette sterk sal beïnvloed. Prestasie verbeter dikwels wanneer werknemers glo dat hulle 'n bydrae lewer tot 'n waardevolle produk en dat hulle deel is van 'n effektiewe en ambisieuse span. Die bou van 'n klein maar effektiewe span is in jou hande. Bekwame, passievolle en effektiewe leierskap is krities vir werknemerbetrokkenheid. Hier volg 'n paar gedagtes oor hoe om te verseker dat alle spanlede ten volle betrokke is en entoesiasties is oor hul werk, omgee oor die toekoms van die plaas en bereid is om ekstra moeite te doen, meer as wat hul pligte behels, om te verseker dat die boerdery suksesvol is: • Moedig werknemers aan om te praat oor probleme • Wees 'n mentor vir jou werknemers • Beloon op 'n konsekwente wyse, slegs volgens verdienste • Moedig 'n "ons" benadering aan in alles wat jy doen • Bevorder 'n gesonde lewenswyse op 'n aktiewe wyse • Werf personeel volgens hul houding en Wat die produsent verwag Wat die span benodig • deurlopende • respek vir hul • Skep geleenthede om saam pret te hê • • Vra werknemers oor hul drome vir die lewering van hoë kwaliteit werk op 'n tydige basis; • moet ernstig wees oor hul verantwoordelikhede • demonstreer belangstelling in die welstand van die plaasbedrywighede, die diere en mede- werknemers; en • verteenwoordig die boerdery op 'n positiewe wyse in die gemeenskap • • • gevoelens en opinies; erkenning vir goeie werk; billike werksvoorwaardes; konsekwente en beleefde behandeling deur bestuur; 'n werksomgewing waarin hulle hul potensiaal oor tyd kan ontwikkel (in terme van vaardighede en verdienste) leer hulle die werk plaas • Spel verwagtinge duidelik uit • Stel doelwitte gesamentlik, as 'n span • Allokeer maandeliks tyd vir persoonlike/ spanontwikkeling • Vier suksesse met jou span - op groot en klein skaal.