Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 6

NUUS Senwes se Vir die Boere 'n treffer! Op 1 Februarie 2019 het Senwes gehoor gegee aan Agri SA se oproep om “die boere se probleme weg te braai” deur 'n sosiale media oproep om aksie wat braais deur maatskappypersoneel op die maatskappy se perseel tot gevolg gehad het.  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur D ie idee was om die boere te ondersteun deur die oor- voorsiening van rooivleis op te braai. Die oorvoorsiening was die gevolg van die droogte en die uitbraak van Bek-en-Klouseer in sekere dele van die land. Senwes Groep HUB, Francois Strydom, het gesê “as elkeen net 1kg meer vleis as gewoonlik koop, kan ons die surplus uitwis.” beesvleis, hoender, skaap, vark, mielies (menslike en dierlike verbruik), melk, soja, koring, aartappels, neute en groente,” sê Francois. Die sosiale media veldtog is 'n prettige manier om die baie ernstige rol wat die boer in die lewens van alle Suid- Afrikaners speel, en die Suid-Afrikaanse ekonomie in geheel, in die kollig te plaas. “Die landbousektor speel 'n uiters belang- rike rol in werkverskaffing in elke deel van die waardeketting, vanaf die plaas tot die tafel, en het 'n reuse impak op die fiskaal. 05 Francois het ook 'n uitdaging gerig aan alle SA maatskappye om dieselfde te doen. Die veldtog was baie suksesvol en meer as 200 000 mense is deur sosiale media bereik en verskeie media-onder- houde is gevoer. Die sukses van die aan- vanklike veldtog het daartoe aanleiding gegee dat Senwes die aksie uitgebrei het om op alle plaaslik vervaardigde kom- moditeite te fokus om steun te werf vir alle boere. Die uitbreiding van die veldtog het op Vrydag, 1 Maart 2019 afgeskop met die hutsmerke #eatlocalchicken #eet- plaaslikehoender en Senwes personeel het selfies en groepfoto's van hulself op sosiale media geplaas waar hulle hoender of hoenderprodukte geniet. Die idee was om ons plaaslike hoenderboere, wat onder geweldige druk is weens invoere, te ondersteun. “Ons gaan 'n kommoditeitswye fokus vir die res van die jaar hê, wat elke plaas- lik geproduseerde kommoditeit in die Senwes bedieningsgebied sal insluit, soos 04 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 Senwes personeel neem deel aan "braai vir die Boere".