Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 58

DIGITAAL Dis tyd om jou digitale huishouding reg te ruk " Suid-Afrika is die land met die tweede hoogste aantal kuberaanvalle en het die derde hoogste aantal kubermisdade in die wêreld. " Die meeste van ons het verskeie aanlynrekeninge en gebruik dan ook dieselfde wagwoord vir elkeen omrede, kom ons erken dit maar, niemand honderde verskillende wagwoorde kan onthou nie. Maar as jy dié benadering in perspektief sit, is die vraag: Gebruik jy dieselfde sleutel om al die deure by jou huis mee oop te sluit? So hoekom doen jy dit aanlyn?  Deur Johan Le Grange Senwes Digitale Inhoudspesialis N etwerkindringers is mal daaroor wanneer jy dieselfde wagwoord vir al jou rekeninge gebruik, aangesien dit hul taak om toegang tot jou ander aanlynrekeninge en profiele te verkry, soveel vergemaklik. Soms met groot sukses. Suid-Afrika is die land met die tweede hoogste aantal kuberaanvalle en het die derde hoogste aantal kubermisdade ter wêreld. 'n Silwer- en bronsmedalje wat niemand graag wil hê nie. So, wat moet ons doen om ons digitale huis in orde te kry? Maak seker jy gebruik sterk wagwoorde Mense dink niemand sal hul wagwoorde kan raai nie. Moenie sleutelbordpatrone gebruik nie - ook nie familie - of troeteldiername nie, stokperdjies of 56 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 enige natuurlike, ietwat voorspelbare wagwoorde nie. 'n Sterk wagwoord bestaan uit hoof- en kleinletters, simbole en spesiale karakters en is gewoonlik tussen ses en tien karakters lank. Byvoorbeeld: @6>h*TGYtj. gebruik te maak van 'n program se gratis toetsperiode? As jy nie meer sulke profiele gebruik nie, gaan terug na die webtuistes toe en verwyder jou profiel. Dit is dikwels sulke vergete rekeninge wat jou blootstel aan kubermisdaad. Begin 'n wagwoordbestuurder Met unieke wagwoorde vir al jou aanlynrekeneninge, wat almal aan bogenoemde standaarde voldoen, sal dit onmoontlik wees om almal te onthou. Gebruik dus 'n wagwoordbestuurder of skep 'n veilige aanlynplek om dit te stoor. Die voordeel daarvan om hierdie oplossing te implementeer, is dat jy nie jou wagwoorde hoef te onthou nie - die sagteware doen dit vir jou. Jy moet net die een onthou wat jou toegang gee tot jou wagwoordbestuurder. Stel 'n twee-faktor or multi-faktor bekragtigingsfasiliteit op Hierdie addisionele bekragtigingsmetodes dien as addisionele sekuriteit vir jou en jou besigheid om te verseker dat jy die enigste persoon is wat toegang tot jou rekeninge kan verkry. Inskakeling kan binne minute problematies raak en jou privaatinligting, soos persoonlike en finansiële besonderhede, kan blootgestel word. Maak skoon agter jou Hoeveel keer het jy al 'n aanlynrekening geskep om 'n diens te beproef of om Verwysings: South African Banking Risk Information Centre (SABRIC) PwC’s Global Economic Crime and Fraud Survey for 2018