Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 56

JAG Gister se oomblik Net soos die winter al nader kruip, kruip die volgende jagseisoen al nader. Net so opge- wonde soos laas jaar voor die jagseisoen, kan ons die jaar ook nie meer wag dat die eerste koue moet kom nie. Want ons wil weer, net soos laas jaar, veld toe! Moontlik is die jaar se jag op presies dieselfde plaas as die vorige paar jaar, of dalk op heeltemal ’n ander plek. Maar sodra die winter aanbreek, wil ons in die jagveld wees.  Deur Jan-Lodewyk Serfontein Jagkenner V ir nuwe jagters is die winter se opgewondenheid te danke aan die onbekende. Wat alles in die jagveld plaasvind, het hulle nog nie ervaar nie. Tyd in die veld deurbring en wat die veld gaan oplewer is iets wat hulle nog net van gehoor en gelees het. Hierdie onbekende ervaring, wat deur 54 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 baie vertel is, maar nog nie ervaar is nie, maak die nuwe jagters opgewonde. Hulle wil ook daardie oomblik ervaar waavan hulle vertel word. In 1992 het ek vir die eerste keer ook die onbekende gaan ervaar. Tussen Hotazel en McCarthysrus in die Noord-Kaap ervaar ek vir die eerste keer 'n regte jag. As 'n jong skolier was die naweek vir my een groot klaskamer. Die tyd in die veld was vir my 'n eerste ervaring van baie onbekendes. Wanneer ek vandag terugdink aan my groot klaskamer van 1992, besef ek dat dit die begin was van meeste onvergeetlike oomblikke in my lewe. Oomblikke wat ons jaar na jaar weer terugvat veld toe, op soek na nuwe en beter oomblikke. In die veld het ons al baie oomblikke gehad wat ons vir altyd wil onthou en weer wil ervaar. Sekere ervarings en oomblikke bly vir ewig by jou. Soos die