Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 52

NUUS Dipsie is nou die vertoonvenster van hierdie stoet Foto’s van Dipsie is deur verskeie fotograwe verskaf. Dankie aan Wayne Southwood, Simmertaler SA, Hinterland @ Alfa en Aubrey Kruger vir die foto’s. Die wêreld van stoetteling en die teel van kampioene het verskeie invalshoeke. Elke boer en teler is deeglik daarvan bewus en besluit self waarop om te fokus. Vir Chris en sy seun Pieter Oelofse, die eienaars van Dipsie, die koeikampioen by die 2018 Hinterland Interraskampioenskappe @ Alfa, is sy die toonbeeld van die ideale Simmentalerkoei.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D ié Lichtenburgers som dit op dat Dipsie se verhaal eintlik ‘n uitvloeisel van amper 40 jaar se harde werk en sweet is. Reeds in 1980 het Chris se pa, Piet, die verhaal begin toe hy die Taaibosspruit Simmentalerstoet gevestig het. Hy het in 1967 sy eerste Simmentalerbul op die Randse Paasskou gekoop. Hoewel hy aanvanklik op Simmentaler- Afrikanerkruisings gefokus het, het hy vroeg reeds die meerderwaardige prestasie van Simmentalers besef en weldra slegs op Simmentalers gekonsentreer. En die wenners is… Toe Pieter die trofee as 2018 Hinterland Interraskampioenskappe @ Alfa se Koeikampioen te Parys in ontvangs 50 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 geneem het, was dit half onwerklik - “‘n Geweldige gevoel van trots en dankbaarheid” het hom oorweldig. Wat Dipsie (PJO1265) vir hulle besonders maak, is dat sy die uiteindelike wenner was uit die poel van vroulike diere van alle rasse wat gedurende 2018 aan al die skoue in Suid-Afrika deelgeneem het. Sy is dus met reg die kampioen van kampioenkoeie in die land. Baie doelwitte in een gevleg Maar voor jy dink dit is groterpratery - hulle voel só ‘n koei se wenprys is nie soseer net haar eie nie, maar is eerder gemik op “hoe sy in die toekoms gaan teel, dus op haar toekomstige generasies.” By stoetteling is daar baie doelwitte wat nagestreef moet word. Een daarvan is om die langslewendheid van die ras te verbeter. Dipsie kom uit ‘n geslag koeie wat lank leef. Beide haar oumas leef nog met Erna (PJO03208) en Difra (PJO0468) wat onderskeidelik bykans 16 en 15 jaar oud is en beide oumas is tans nog in produksie. Taaibosspruit verkoop hoofsaaklik geregistreerde bulle vir gebruik in kommersiële kuddes. Die ekonomiese voordeel vir ‘n eienaar van ‘n bul met ‘n langer produktiewe lewe, hou ooglopende finansiële voordele vir sy eienaar in: “...hoe langer die produktiewe lewe van ‘n bees, hoe beter vir hulle gewaardeerde klante. Dis mos ‘n baie goeie verkoopspunt", noem Pieter, wat die bemarkingskant hanteer. Besonderse Dipsie Dipsie is “regtig spesiaal. “My pa het haar al sedert haar geboorte geoormerk as ‘n kampioen”, noem Pieter. Dipsie het buiten by Hinterland ook verskeie ander kampioenskappe ingepalm waaronder 52