AREAFOKUS
Standerton stel die standaard
Senwes Grainlink nou ook in Kosmoswêreld
Jy kry mense wat ander volg en dan kry jy mense wat die standaard daarbuite stel, en
Standerton is beslis ’n leier op baie gebiede. Sowat ’n jaar gelede het Senwes Grainlink
juis Mpumalanga, en spesifiek Standerton, betree en klaar maak die span ’n verskil
daar. En met dié fokus Senwes Scenario op die Mpumalangastad asook op een van ons
produsente daar, Edzard Biermann.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
D
ie stad Standerton staan
al sterk sedert 142 jaar
gelede toe dit op die plaas
Grootverlangen aangelê is en,
vir geskiedkundiges, is die plek vernoem
na kommandant Adriaan H. Stander, wat
die oorspronklike eienaar van hierdie
plaas was. Standerskop, ‘n heuwel naby
die dorp, wat sowat 1 640 m bo seespieël
is, is ook na hom vernoem. Tydens die
eerste Vryheidsoorlog het die boeremagte
ook hier op die Britse magte gevuur.
SENWES GRAINLINK
Die Senwes Grainlinktak is al sedert 2018
in Standerton gesetel. Neil is die streeks-
graanbemarker hier, met Joelien wat die
administrasie en kontrole doen.
VORDERING
Met geen klante ‘n jaar gelede het hulle
38
SENWES SCENARIO | HERFS 2019
nou amper 70% van die betrokke klante
in die gebied al persoonlik gaan ontmoet,
hul inligting opgedateer en hulle herbe-
soek, met baie wat al klaar opgetekende
Senwes klante is. Maar daar is ander wat
u alreeds ken.
BEKENDES VAN DIE GEBIED
Baie Suid-Afrikaners onthou ons hertoetre-
de tot internasionale rugby en ons eerste
wêreldbeker rugbywedstryd was teen
Australië, waar Pieter Hendriks om die
beroemde David Campese gehardloop
het om sy indrukwekkende drie te druk
en ons aanspraak op die titel duidelik te
maak. Dit was ‘n katalisatoroomblik wat
tot die titel gelei het. Hy is ‘n staatmaker
Standertonner. Dan is nog ‘n Springbok,
Jaco Kriel, ook deur die skoolbanke in
Standerton met nog rugbysterre soos
Quinton Swartz en Howard Mnisi wat
hierdie water gedrink het. Ons bly by
rugby met internasionale skeidsregter
Mark Lawrence, wat die fluitjie in die 2003
en 2007 wêreldbekertoernooie geblaas
het en wat ook 'n trotse Standertonner is.
Terwyl Standertonmense duidelik
hul man kan staan, kan hierdie mense
ook hulle lywe behoorlik laat draai met
Afrikaanse sanger Pieter Koen, wat be-
kend is vir sy “Skud jou Biscuit” en vele
ander treffers, wat ook van Standerton is.
En te oordeel aan die advertensieborde in
die stad, is daar baie ander Pieters buiten
Hendriks en Koen.
Dan is baie van ons landsburgers
bekend met die oggendprogram Morning
Live - die aanbieder Sakina Kamwendo, is
ook ‘n Standertonner.
OU GEBOUE EN INTERESSANTHEDE
Op die bult is die Meadows aanleg, wat
uittroon bo die gebied. Dis natuurlik die
groot graankontrak wat Senwes los-
geslaan het en wat Neil en Jolien onder
andere diens.
Standerton is letterlik oortrek met
ou kerkies en geboue - ‘n ware pot vol