Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 38

ARTIKEL LANDBOUKREDIET ‘n Paar feite uit die verlede 1939 - 2018 TUSSEN 1939 EN 2018 WAS DIE OMVANG VAN KREDIET VIR SOMERGEWASSE SOOS VOLG: 1939: Somergewasse £ 400 000 1955: Somergewasse £ 10 000 000 2018: R1.8 miljard 1944 Mielieraad het ‘n eenkanaalbemarkingstel- sel geïmplementeer. 1950 Sentraboer word gestig om die oeste en bates van boere te verseker. 1969 Sentraboer lewer ʼn diens aan boere vir omvattende oesversekering. 1984 - 1989 Tussen 1984 en 1989 subsidieer die staat rentekoerse. 1991 Die staat onttrek uit die staatswaarborg- skema en boere word ongeveer R375 per hektaar vergoed. Geen staatshulp word verder verleen nie. 1991 - 1995 Boere doen aansoek vir artikel 21 (skik- kings) by die ou LKG-Raad. 1995 -1997 Die Mielieraad word ontbind en die vrye- markstelsel word gebore. 1995 - 2010 Rolspelers soos Verus Farms, Farmsecure, Vrystaat Mielies, ensovoorts tree toe tot die toestaan van produks- iekrediet. Hierdie rolspelers het klaar uit die landboumark getree. 1997 Senwes word ʼn maatskappy en die lede- fondse word omgeskakel na aandele. 2001 - 2002 Senwes se kredietbeleid word herskryf. 2000 - 2003 Opruiming van die kredietbeleid vind plaas. 2003 - 2005 Die Kredietwet word in 2005 geïmple- menteer sowel as die FICA-wetgewing in 2003. 2006 Die verhoudingsmodel word uitgerol. Sleutelrekeningbestuurders word aange- stel om klante op indivduele vlak te diens. Senwes Asset Finance, ‘n gesamentlike onderneming met Wesbank, word geves- tig. Senwes Credit se geografiese ge- bied word uitgebrei na Hertzogville en Hoopstad en daarna na die res van Suidwes Landbou- en NWK se gebiede. 2007-2008 Termynlenings word deel van Senwes Credit se waardeproposisie. 2016 - 2017 'n Klemverskuiwing na die verskaffing van geïntegreerde finansieringsoplossings vind plaas. 2018 Senwes Credit brei uit na die Oos-Kaap. Source: Time cultivates winners. Senwes - A century of agriculture by Elize S van Eeden 36 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019