Senwes Scenario April / Mei 2019 - Page 29

AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG Waarom is dit belangrik? Hittespanning (HS) of hipertermie is ’n wêreldwye probleem wat die produksievermoë van diere sowel as die welstand van diere betekenisvol verlaag. Die verlaagde produktiwiteit gedurende die warm somermaande kan indirek aan verlaagde voerinname en direk aan hittespanning toegeskryf word. Hittespanning beïnvloed verskeie fisiologiese stelsels in die liggaam en die eindresultaat daarvan het verlaagde produktiwiteit tot gevolg. Daar is ‘n dringende behoefte om te verstaan op welke wyse HS voedingstofbenutting nadelig verander en hoe om dit te voorkom, of ten minste te verminder.  Deur dr Kobus Swart Dierevoedingskundige S uid-Afrika is ’n halfwoestynland en ondervind tradisioneel hoë somertemperature, veral in die westelike streke van die land. Klimaatsverandering is reeds vir eeue ’n werklikheid en diereproduksie moet van tyd tot tyd by hoë temperature aanpas. Hierdie aanpassing is beide op ’n jaar- likse basis tydens die warm somersei­ soen, asook oor langer sikliese periodes van klimaatsverandering, wanneer buitengewone hoë temperature, soos met hittegolwe, ondervind word. Wat hittegol­ we aanbetref is die tipies gemiddelde aantal kere per jaar tans vyf keer per jaar en wat heel waarskynlik in die toekoms sal vermeerder. ’n Hittegolf word beskou as maksimum van 30°C oor drie agtereenvol- gende dae en ’n buitengewone hittegolf is >35°C oor drie agtereenvolgende dae. Die afgelope somer het Suid-Afrika ’n paar buitengewone hittegolwe moes tro- tseer. HS wat deur die omgewing veroorsaak word, bring effektiewe diereproduksie in gedrang en verlaag dierewelstand. Dit is gebiedend noodsaaklik dat die biologiese meganismes van HS bepaal word wat diere se produksievermoë verlaag. Dit is ook ’n voorvereiste om in die toekoms op genetiese, bestuurs-, voedings- en farma­ seutiese gebied strategieë te ontwikkel wat diereproduksie en -welstand onder HS toestande sal kan verbeter. TEMPERATURE WAT HITTESPANNING VEROORSAAK ’n Omgewingstemperatuur van 30°C blyk die kritiese punt te wees waar Bos Taurus en Bos Indicus tipe beeste van mekaar begin verskil in hul vermoë om normale rektale temperature en respiratoriese tempo te handhaaf. Die aanvaarde drum- peltemperatuur vir gemak by die meeste beesrasse is 32°C. Oor die algemeen is die HS-veroorsakende produksieverliese by vleisbeeste nie so erg soos wat by melkbeeste ondervind word nie. Dit is nie bekend waarom vleisbeeste ‘n hoër Temperatuur-Humiditeits-Indeks as melk- beeste kan verduur nie. Voerkraalbeeste word veral nadelig deur hoë temperature, relatiewe hoë humiditeit, sonstraling en lae windspoed beïnvloed. Op grond van hierdie temperature word die drumpeltem- perature in die Noordwes, Noord-Kaap en Vrystaat gereeld gedurende die somer- maande oorskry. METABOLIESE AANPASSING BY LAE VOEDINGSVLAKKE ’n Voorvereiste om die metaboliese aanpassing wat met HS gepaard gaan te verstaan, is dat die fisiologiese en metaboliese aanpassing wat in groei- ende diere tydens ondervoeding gebeur, verstaan moet word. Verandering in die verdeling van voedingstowwe na absorb- sie vind plaas om ’n fisiologiese staat van skelet- en spiersintese te ondersteun. Een welbeken­de strategie wat groeiende diere in ’n negatiewe energiebalans gebruik, is die glukosebesparende effek. Onvoldoende voedingstofinname tydens termiesneutrale/normale omstandighede, hou met metaboliese veranderings ver- band wat hoë prioriteitweefsel, soos skel- etspiere, sal ondersteun. Kenmerkende verandering in beide koolhidraat- en 28 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 27