Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 26

LANDBOUKUNDIG 23 | Oorwintering Omdat ons besig is om die voerbehoefte van die vee te balanseer met die produk­ siepotensiaal van die plaas, is ons soms geneig om bykomende risiko’s te skep. ’n Goeie voorbeeld hiervan is waar ons nuwe vertakkings aanpak, soos die aan- plant van weiding sonder om die nodige kritiese vrae te vra. Vrae soos: • Of my huidige vertakkings optimaal bestuur word (veld- en weidings­ bestuur is veral hier ter sprake). • Watter bykomende bestuursinsette verlang word. • Hoe die nuwe vertakking by huidige veebestuurspraktyke inskakel. • En die heel belangrikste: of hierdie uitbreiding die winsgewendheid van my onderneming verhoog en of dit nie eerder net die risiko’s verhoog nie. Uiteindelik gaan dit oor die produksie van kilogramme vleis per hektaar, en om dit jaar na jaar so kostedoeltreffend as moontlik te doen. Dit is hier waar ‘n goeie verhouding met ‘n vee- of weidingkundige van onskatbare waarde is. SO HOEVEEL VOER HET ONS NODIG? Die ‘hoeveel’-vraag is nie altyd so maklik om te beantwoord nie, want ons het al telkemale gesien dat die winter net te lank en uitgerek raak vir die hoeveelheid voer wat beskikbaar is en, meer kere as nie, is ons ‘spens’ leeg voordat ons hom leeg wil hê. Ons het ook al gesien dat voer (veral gebaalde ruvoer) vermors word omdat daar eenvoudig te veel geproduseer is. Die koste-implikasie hiervan is enorm. 24 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 Ander aspekte wat in gedagte gehou moet word sluit in kuddegrootte, die sta- biliteit van die kudde en die terughou van ’n groot persentasie vroulike diere met die oog op ’n kuddeboufase. Kyk byvoor- beeld na mielies wat op baie plase een van die grootste bydraende faktore tot die voerbank is: gaan ons stroop, kuil of kop- meel maak? Elkeen se unieke behoefte en produk- siestelsel sal hierdie vraag beantwoord, maar die antwoord het ’n bepaalde effek op hoeveel voer jy gaan benodig. As jy speenkalwers wil afrond, sal kopmeel ‘n goeie opsie wees, maar in ’n droogtetyd- perk waar volume verlang word, sal kuil- voer dalk meer aangewese wees. Wat die ‘hoeveel’-vraag betref is dit ook belangrik om na infrastruktuur te kyk. Het ek die aangewese en voldoende stoorg- eriewe en, indien nie, wat is die koste verbonde aan die huur van stoorspasie. Baie voer wat ten duurste geproduseer is, gaan verlore as gevolg van swak en onvoldoende bergingspraktyke (nagen- oeg 10% van ruvoer gaan verlore weens verwering en windverliese nog voordat dit in die hooirak kom). Net so is dit ook nie gewens dat duur toerusting buite in wind en weer staan sodat voer onder die afda- kke kan staan nie. Die belangrikste faktore as dit kom by ‘hoeveel’ voer voorsien moet word, is die feit dat voerinname die grootste drywer van veeproduksie is. Ons is almal bewus van die sterk korrelasies tussen lig- gaamskondisie en ekonomies belangrike eienskappe soos konsepsie- en herkon- sepsiesyfers, kalf- en speenpersentasies en speenmassa. Daar is egter groot varia­ sies in inname, wat kan wissel van 3% van liggaamsmassa op raaigrashooi tot so laag as 1,4% van liggaamsmassa op mieliestronke. Ander dimensies soos ras, raamgrootte en aanpasbaarheid speel ook ’n rol. As die NRC as riglyn gebruik word, blyk dit duidelik dat ’n droë koei van 400 kg nagenoeg 3,15 kg energie en sowat 0,375 kg proteïen per dag benodig vir onder- houdsdoeleindes. Let wel dat dieselfde koei se energiebehoefte met 25% styg twee maande voor kalf, wanneer daar ook ’n verdubbeling in haar proteïenbe- hoefte ontstaan. Onthou ook dat ons in baie gevalle boer met koeie wat heelwat swaarder is en die nodige aanpassings moet dus gemaak word. Van kardinale belang in enige oorwinter- ingsprogram is die ekonomiese handhaw- ing van liggaamskondisie. Ons weet dat ons winterweidings eenvoudig nie aan die dier se onderhoudsbehoeftes voldoen nie. Die belangrikheid van ’n korrekte strategiese aanvullingsprogram (lekaan- vullings) is hier van onskatbare waarde. Talle goeie voervloeiprogramme val juis hier plat, omdat die nodige proteïen- en/ of energie-aanvullings nie die nodige aan- dag geniet nie, met nadelige gevolge vir reproduksie. Verseker dus dat jou lekprogram die tekorte tydig aanspreek. Dit kan natuurlik wissel na gelang van die jaar en spesi- fieke produksiestelsel. SLOTGEDAGTES Die enkele belangrikste stukkie advies vir veeboere is proaktiewe beplanning – ons