Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 25

LANDBOUKUNDIG negatiewe koste-implikasies. Beplanning vir oorwintering begin reeds in die lente vóór die winter, wanneer die winterbe- hoefte in terme van droëmateriaalinname bepaal moet word (’n 100-koei-eenheid benodig nagenoeg 500 ton droëmateriaal per jaar). Suksesvolle oorwintering berus op deeglike voervloeibeplanning. Veevloei­ beplanning gaan hand aan hand hiermee, sodat dek-, kalf-/lam- en speentyd kan sinkroniseer met optimale omgewings- toestande om goeie produksie en repro- duksie te verseker. Daar is nog talle plase waar daar nie dekseisoene in plek is nie, waar die veeladings eenvoudig te hoog is en waar die waarde van die veld totaal oorberaam word. Dan is daar ook die bykomende kwessie van passassiers wat geen ekonomiese bydrae tot die boerdery lewer nie. IETS OOR VOERVLOEIBEPLANNING Die eenvoudige definisie van voervloei is die jaarlange voorsiening van weiding en/ of voer aan diere, op die mees ekono- miese wyse om reproduksie te handhaaf, sonder om die hulpbron te benadeel. Of kortom: hoeveel voer het elke klas dier per maand nodig? Die eerste prys is steeds om die beste gehalte voer op die plaas self te produseer. Elke produsent se som lyk egter anders en word beïnvloed deur faktore soos hulpbronbeskikbaar­heid, die produksiestelsel wat gevolg word, die koste van finansiering, die wisselkoers en internasionale voorraadvlakke (omdat baie van ons grondstowwe ingevoer word en in sekere gevalle word ons produk uitgevoer). Voorts is dit ook belangrik om ’n mate van elastisiteit in te bou in die voervloei- beplanning en sodoende by omgewings- variasies te kan aanpas. Voorbeelde hier- van is waar boere hulle vee en voerbanke verkoop, omdat die som werk en dit meer lonend is om later weer vee in te koop. Produsente word aangeraai om ’n kort- en mediumtermynbeplanning in plek te hê waar die korttermyn die maand tot maand voervoorsiening behels, en die medium termyn meer geskoei is op ’n jaarsiening. Die beplanning moet aspekte soos voerk- waliteit en -kwantiteit, koste verbonde aan produksie, berging en logistiek, vermors- ing, inkoop van voer, produksieverwag- tinge (met verwysing na kuddevloei) en produkinkomste in ag neem. Dit is nie ’n waterdigte oplos­sing nie, maar bied die kans om tydige aanpassings te maak, sou die behoefte opduik. Ons is per slot van sake besig om risiko te bestuur. 24 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 23