Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 22

Tema: Oestyd LANDBOUKUNDIG Herfs, Oestyd en Nampo Herfs is ’n baie besondere tyd in die natuur. Die hoofkenmerke van herfs is dat die seisoenkurwe sy hoogtepunt en draaipunt bereik het. Dit is ook die teken dat die produsent moet begin regmaak vir oestyd en die nodige voorbereiding en beplanning moet doen.  Deur Jacques Pretorius Senwes Equipment: Bestuurder: Meganisasiedienste D ie tekens van herfs is duidelik - vrugtetyd is verby, dit word vroeër skemer en die blare verkleur en val van die bome af. Die dae word korter en die nagte langer en die eerste tekens van koue verskyn. Vir landbou het herfs wel ’n heel ander betekenis. Dit is die sei­soen wanneer boere regmaak vir twee van die belangrik- ste gebeurtenisse in lanbou, naamlik oes- tyd en Nampo Oesdag. Nampo Oesdag is die bekendste dae in die land vir boere waar hulle die nuutste en gevorderde tegnologie en masjinerie kan beskou. Vir boere om vir Nampo gereed te wees is maklik en is dit net nodig om Nampopark op een van die datums vanaf 14 tot 17 20 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 Mei te besoek, maar om vir oestyd gereed te wees, is daar wel 'n hele paar ander uitdagings. Dit is altyd goed om voorbereid te wees vir oestyd en al die nodige beplanning te doen sodat oestyd gemaklik en sonder enige onnodige onderbrekings kan plaas- vind. Van die bekommernisse van klante voor oestyd is die toestand van hulle mas- jinerie wat gebruik gaan word. Vrae wat ontstaan is gewoonlik: Is my masjien gediens? Is daar dalk onvoor- siene slytasie of probleme? En is die masjien se verstellings en kalibrasies reg gedoen om so die masjien optimaal te kan gebruik? Wel, Senwes het dit hulle fokuspunt gemaak om die wonder en twyfel uit oestyd te laat verdwyn. Alle Senwes werkswinkles is toegerus met bekwame vakmanne wat vir die klant ’n diens kan lewer deur inspeksieplanne aan die klant te bied om sodoende vooraf bepaalde toetse op masjiene te kan doen sodat enige moontlike diagnose en herstelwerk voor die seisoen gedoen kan word om staantyd te voorkom en optimale gebruik van die masjien te kan verseker. Instel van stropers en opstel van presisietoerus­ting word ook gedoen om so die korrekte inligting en data vir die klant te kan bied. Die inspeksieplanne gee die klant gemo- edsrus oor sy masjiene sodat daar op ander aspekte van oestyd gefokus kan word. Enige Senwes werkswinkel kan gekontak word om meer inligting oor die inspeksieplanne te kry. Maak vandag nog ’n afspraak . Sterkte aan elkeen van ons produsente met die oestyd van 2019 en skakel gerus enige van u Senwes Equipment werkswin- kels om u van diens te wees.