Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 15

INNOVASIE Label Insight and the Food Marketing Institute Survey Would you switch to a brand that provides more in-depth product information, beyond what's provided on the physical label? No Yes No Yes 2016 2018 Bron: https://medium.com/te-food/food-trace-abili- ty-trends-to-watch-in-2019-179a00b3b625 DIE EFFEK VAN TEGNOLOGIE EN DIE MEDIA iegene wat die media dophou, kan dink dat die aantal uitbrake en voedselbedrog oor die afge- lope jare verhoog het. Die realiteit is egter die volgende:  Danksy tegnologiese vordering, goed- koper en meer akkurate inspeksieresul- tate, word meer gevalle van besmetting geïdentifiseer..  Intussen het aanlyn mediatoegang en opvallende opskrifte verhoogde ver- bruikersaandag tot gevolg. Tesame met die grootskaalse deel van inligting op sosiale media, versprei hierdie artikels blitsvinnig. D Mense sien eenvoudig meer gevalle wat blootgestel moet word en, as gevolg van emosionele joernalistiek, groei hul ontevredenheid vinnig. Google soektogtendense dui aan dat wanneer daar 'n uitbraak gepubliseer word of wanneer voedselbedrog blootgelê word, daar 'n enorme toename in ver- wante soektogte is. Dit lyk of verbruikers verward raak oor voedselverwante inligting. In 'n opname het 80% van verbruikers aangedui dat daar 'n groot mate van teenstrydige inlig- ting is oor wat om te eet en wat om te vermy. Daar word verwag dat hierdie ten- dens sal voortduur in 2019, aangesien die media sien dat mense aktief reageer op hierdie onderwerpe en dat die aantal potensiële gevalle meer word. Dit skep 'n aanvraag vir tegnologiese oplossings wat duidelike produkinligting verskaf. . BLOCKCHAIN WEN GROND Gedurende 2018 het verskeie Blockchain-oplossings in die landbou- waardeketting hul verskyning gemaak in 'n poging om die huidige verbruikerson- tevredenheid aan te spreek. Alhoewel blockchain nie alle probleme op sy eie kan oplos nie, is dit 'n belangrike stap in die regte rigting. Daar word geglo dat voedselnaspeur- baarheid op die drumpel van 'n tegnono- giese skuif op elke front is:  Dataverkryging Internet of Things (IoT)-tegnologie word goedkoper, meer betroubaar en mak- liker om te gebruik, wat meer take, van gewigsmeting tot temperatuurmoni- tering, vervang. Dit sal "vertrou minder" (trust less) dataverkryging tot gevolg hê.  Data-analise Kunsmatige intelligensie en groot data-tegnologie sal voedselmaats- kappye en owerhede in staat stel om verskafferskettingaktiwiteite deeglik te analiseer ten einde enige afwykings te identifiseer.  DATAPROSESSERING EN -OPBERG- ING Blockchain-gebaseerde dataprosesse- ring en die onveranderlike verspreide grootboektegnologie (ledger technolo- gy) sal met die “trust less”-verskaffers- kettingidee kompeteer, waar daar op geen enkele maatskappy of persoon vertrou hoef te word om te verseker dat die data eg en korrek is nie. Verkort van oorspronklike artikel: https:// medium.com/te-food/ Vir meer inligting : https://medium.com/te-food/food- traceability-trends-to-watch-in- 2019-179a00b3b625 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 13