Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 10

NUUS SENWES WEER DEEL VAN NAMPO OESDAG Die langverwagte Nampo Oesdag vind vanjaar plaas vanaf 14 - 17 Mei by Nampo Park naby Bothaville en, soos op dag een van die gebeurtenis, 53 jaar gelede, sal Senwes deel wees van die aksie. Graan SA, organiseerder van dié groot gebeurtenis op die land se landboukalender, hoop om verlede jaar se rekordbywoningsyfer van 82 817 te verbeter!  Deur Senwes Scenario Span S enwes Grainlink sal die Senwes groep se vlag laat wapper by hul stalletjie, wat verlede jaar 'n silwer toekenning ontvang het vir innoverende en unieke uitleg. Besoekers kan weer uitsien daarna om kundige advies te ontvang oor die verkryging, hantering en opberging van graan. Maak seker jy besoek die stalletjie sodat jy op niks uitmis nie. Die Nampo Oesdag administratiewe bestuurder, Wim Venter, sê dat hulle vir sowat 770 uitstallers voorberei. “Ons hoop vir goeie weer en dat al ons uitstallers goeie verkope sal ervaar gedurende die 4 dae.” Besoekers kan uitsien na 'n paar nuwe byvoegings die jaar, soos 'n nuwe hek 4 by die noordelike parkeerarea naby 8 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 die Santam Agri Saal, die installering van nuwe draaihekke, 'n nuwe JCB gebou op die perseel, sowel as die opgraderings tot die John Deere uitstalgebied. NASIE IN GESPREK Die Senwes-geïnisieerde landbougespreksprogram, Nasie in Gesprek, sal weer lewendig uitgesaai word vanaf die Nampo Oesdag met minstens twee uitsendings per dag oor die 4-dag periode. Die program, wat uiters gewild is onder mediavennote soos Mail and Guardian, News24, eNCA, RSG, 702 Talk Radio, City Press en Business Day, sowel as die tradisionele landboupers, sal weereens fokus op aktuele sake soos transformasie, gemeenskaplike grond, landbou na die verkiesing, die agteruitgang van die platteland, suksesvolle finansiële modelle in onstabiele tye en die toekoms van landbou. Soos in die verlede sal die gesprekspanele landbou se vernaamste denkleiers oor die onderskeie onderwerpe as gaste hê. Vir die volledige onderwerpskedule, gespreksleiers en paneellede, besoek asseblief www.nasieingesprek.co.za. KLEINHANDEL Senwes se kleinhandelsvennoot, Hinterland, sal sy baie gewilde winkel op die perseel beskikbaar stel en sal buitelewe- en kampeerprodukte sowel as wapens en ammunisie verkoop, om maar net enkele produkte te noem. Maak seker dat jy met die Hinterland spesialiste op die gebied van diere-, besproeiings- en brandstofoplossings gesels. Senwes sien uit daarna om jou by Nampo Oesdag 2019 te sien!