LANDBOUKUNDIG
’n Belangrike deel van
kripbestuur is om seker
te maak dat die regte voer
vir die regte diere gevoer
word aangesien elke fase
se formulasie verskil.
Swakker as verwagte voerinname is
die voorspel tot swak vleisproduksie
en die eerste teken van spanning
wat deur ᾿n siektetoestand soos
metaboliese steurnis (suurpens,
infeksie) of die omgewing (wind,
reën, lugdruk, sosiale druk) veroor
saak word. Oor ᾿n 24-uur periode
is daar met aangewese kripspasie
genoeg tyd dat elke dier maksimum
voer sal kan inneem.
Die geluide, vertoon en vars reuk
van die voerproses stimuleer voer-
inname - hoe meer kere hoe beter.
In praktyk word twee- en soms drie-
keer per dag gevoer. Krippe moet
verkieslik nie heeltyd gevul wees nie
aangesien daaglikse inname akku-
raat gemeet moet kan word en nuwe
voer op ou voer kan begin muf. Elke
krip moet elke dag eenkeer heelte-
mal leeggevreet of skoongemaak
word. ᾿n Handige bestuursmaatreël
is om daagliks ᾿n kriptelling van elke
krip te hou. Dit is ᾿n eenvoudige
3- of 4-punt skaal, van blink tot min
gevreet, om aan te toon of die afge-
lope dag se voer te min was en of
daar spanning/fout in die kraal is.
Die smaak en reuk van voer het
᾿n aanvanklike invloed op die inname
van voer. Die belangrikste volhou-
bare stimulasie vir vrywillige inname
is die maksimum verteerbaarheid
van die voer wat deur ᾿n korrek
geformuleerde voer en gesonde
rumen-omgewing bepaal word.
08
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
07