Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 8

LANDBOUKUNDIG

Kripbestuur van voerkrale

Kripbestuur verwys na die daaglikse bestuur van krale om maksimum voerinname en die gesondheid van diere te verseker . Die doel van vleisbeeste in die voerkraal is om voer na hoë kwaliteit vleis om te skakel .
� Deur dr Kobus Swart Dierevoedingskundige

Hantering veroorsaak spanning by diere en moet dus tot die minimum beperk word . Spanning verlaag die immuni teit ( siekteweerstand ) en versteur die normale vreetgedrag wat lae voerinname en dus produksie veroorsaak . Diere het ᾿n baie konstante en voorspelbare droëmateriaalinname as persentasie van die lewendemassa per dag (± 2.5 %). Maksimum voerinname is ᾿n voorvereiste vir maksimum en normal groei . Voerinname mag nie ten koste van die dier se gesondheid wees nie . Voerinname is ᾿n funksie van voerverteerbaarheid en vreetgedrag of spanning . Hoe beter die voer gebalanseer of geformuleer is , hoe beter sal die vertering en gevolglike voer- en energie-inname wees . Hoe minder spanning die dier ervaar , hoe meer stabiel en normaal sal die gedrag en beter die vrywillige inname van voer wees . Hoë voerinname verseker hoe energie-inname wat tot die beste produksieresultaat aanleiding gee .

Daaglikse beskikbaarheid van koel , vars en goeie kwaliteit drinkwater is ᾿n kernbelangrike voorvereiste vir normale voerinname en goeie produksie in die voerkraal .
GROEIFASES , AANPASSING EN MARKGEREEDHEID
Om die korrekte bestuur te kan toepas moet diere in verskillende fases van groei en klasse ingedeel word . Die fases ver- wys na die groeistadium in die kraal , bv . beginfase , groeifase en afrondingsfase . Die doel van die fases is om diere so gou moontlik by ᾿n al hoër energie-inhoud ( stysel ) van die voer aan te pas om maksimum energie-inname te verseker . Elke fase se voer verskil in voedingstofsamestelling en die aanpassing by hierdie voer moet daagliks gekontroleer word , veral aan die begin van elke fase . Die voerinname en fisiese missamestelling is ᾿n belangrike aanduiding van hoe goed die rumen en aangepas die dier is .
Die klasse verwys na bv . geslag , tipe ( ras ) en begin lewendemassa . Dit is ᾿n voordeel om klasse diere so homogeen as moontlik te hou aangesien elke klas ‘ n eiesoortige gedrag en / of groeitempo het . Die homogene klasse van diere is om onderlinge spanning tot die minimum te beperk .
FORMULASIE , VERMENGING EN PROSESSERING VAN VOER
Die basis van kripbestuur is om die korrek geformuleerde voer vir elke groeifase van die dier te verskaf . Daar moet seker gemaak word dat die regte voer vir die regte diere gevoer word aangesien elke fase se formulasie verskil .
Die voer wat in die krip verskaf word moet deur die dag in die krip vermeng bly . As die vesel in die voer te veel of te lank is , is dit geneig om in die krip van fyn materiaal te skei . Dit veroorsaak ongebalanseerde voerinname en kan tot selektiewe metaboliese steurnisse aanleiding gee . Tipies word dan te stywe en te slap mis in een kraal ondervind .
Effektiewe toerusting , betroubare toesig en kundigheid vir die daaglikse vermenging van voer is gebiedend noodsaaklik aangesien dit die korrek geformuleerde voer bepaal . Die aangewese voginhoud van voer is tussen 25 en 30 %. Dit dra by tot beter vermenging en verhoed stowwerigheid van voer .
Laasgenoemde verlaag die voorkoms van longinfeksie .
BESKIKBAARHEID VAN VOER EN VOERROETINE ᾿n Voerkraal veronderstel dat voer na die diere aangery word . Vars voer moet dus elke dag gemeng en aan diere in die krip verskaf word . Diere word vinnig met ᾿n roetine gekondisioneer en enige aktiwiteit wat hierdie gewoonte of ritme versteur skep spanning . Elke dier ontwikkel ᾿n vreetgedrag – hy vreet ᾿n sekere tyd vandie dag en gee weer ᾿n volgende dier kans om ᾿n sekere tyd te vreet . Vir hierdie rede moet verkieslik elke dag dieselfde tyd van die dag gevoer word .
Indien ᾿n tipiese 07:00 tot 18:00 werksdag vir ᾿n kraal gevolg word en voer word twee keer per dag verskaf , bv . 07:00 en 14:00 , is die ooreenstemmende tyd tussen hierdie voedings onderskeidelik 7 en 17 ure . Die daaglikse voermassa moet ook hierdie vreettyd verteenwoordig en word 30 % van die daaglikse voer in die oggend en 70 % in die middag verskaf .
STIMULASIE EN BEPALING VAN VOERINNAME Hoe beter die voerinname , hoe beter is die produksieprestasie in die voerkraal .
06
SENWES SCENARIO | HERFS 2018