Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 65

TUIN op die eerste warm dag verskroei het nie - jy het uitstekende saad gehad. En hy het aangehou saai… Om dit te kon doen, moes hy dis­ sipline uitoefen oor sy teleurstelling.  Toe val die saad in die dorings, wat die klein plantjies verdring het. Rohn sê: Aanvaar dat die dorings van die plantjies sal verdring! En hou aan om die goeie saad te saai.  Uiteindelik val die saad op goeie grond. Rohn sê: Dit sal altyd... AS jy aan­ hou saai! Waarom?: “'n Oes kom nie na diegene wat hoop nie. Ook nie na diegene wat wens nie, of wat hulle duime vashou nie. ’n Oes kom net na diegene wat die risiko geneem het, en geplant het.” Ons kan nie aanhou wroeg met ver- lore geleenthede nie; ons moet eerder aanhou saai, en aanhou om nuwe geleenthede te ondersoek. Beywering, volharding, hoop en geduld neem ons verby die voëls, die weer, die dorings, die uitdagings en teleurstellings - tot by oestyd. ’n Finale brokkie raad van Rohn: Jy sal nie gelukkig wees as jy nie produseer nie. Die spel van die lewe gaan nie oor “RUS” nie! Ons rus net lank genoeg om ons kragte te hernu sodat ons weer kan produseer. “Wat is die rede vir die seisoene en die saad, die grond en die sonskyn, die reën en die wonderwerk van lewe? Om te kyk wat jy daarmee kan doen - om alles te probeer om iets daarmee te doen.” As produsente het ons die beste moontlike geleentheid om deel te wees van die ritme van die lewe en om uiteindelik getuie te wees van die wonderwerk van die oes! Werk nóú aan jou tuin vir die winter en lente April en Mei is die maande om jou winter- sowel as lentetuin te vestig. Deur Carl Kirstein OM ’N SUKSESVOLLE winter- en lente­tuin te hê, is die volgende stappe nodig:  Bemes beddings – Voeg Engelsesout by sitrusbome, aalwyne en vetplante wat in die winter blom.  Grasperke – bemes met superfosfaat en belug grasperke wat hard is.  Plante wat nou opgebreek en her- plant kan word, is: Wilde Iris, Wilde Knoffel, Agapanthus en grondbedek- kers in be­­skutte areas.  Dit is ook ’n goeie tyd om julle pot- plante oor te plant. Gebruik ’n pot twee groottes groter. Sny die wortels uit en plant in gebalanseerde pot- grond.  April en Mei is ’n goeie tyd om bome 64 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 63