Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 64

PERSPEKTIEF Die wonderlikste tyd van die jaar - oestyd! “Anyone who will eat his seeds today will be hungry tomorrow because he has nothing to plant and nothing to harvest later.” Deur Jenny Matthews M iskien is ek nog sterk onder die indruk van een van my gunsteling gedigte, ‘To Autumn’ deur die Engelse romantiese digter, John Keats: Season of mists and mellow fruitfulness, Close bosom-friend of the maturing sun; Conspiring with him how to load and bless with fruit the vines that round the thatch-eves run’; maar ek moet bieg - oestyd is dié tyd van die jaar waarna ek die meeste uitsien! Herfs is in die lug en die effense byt is verfrissend na die lang, droë hitte van die somer. Die bome begin hul blare verloor en die eerste ryp is om die draai - die swaeltjies begin ook reeds voorberei vir hul migrasie. Dit is ook die hoogtepunt van die seisoen se aktiwiteite en harde werk - soms letterlik dag en nag - grondvoorbereiding, die herstel van ’n trekker deur die nag sodat die plant- program betyds afgehandel kan word of die monitering van oeste deur die seisoen om probleme te identifiseer. Alles word gedoen in afwagting van die oestyd! Met die draai van die seisoen van somer na herfs, is daar ook ’n verandering in die gemoedstoestand van die produsent. Waar hy eers angstig op die uitkyk vir reënwolke was en letterlik wag gehou het teen on­­kruid en peste, sien hy nou, met oestyd, die volvoering van sy werk en kan hy be­paal of sy harde werk die moeite werd was. Na ’n goeie seisoen is daar niks so bevredigend as om op ’n stroper te sit en te kyk hoe die buise vol mielies 62 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 word nie en hoe die pitte in wagtende trokke stroom om by die naaste graan- silo’s afgelewer te word. Oestyd is die hoogtepunt van die boer se hoop - en dit is 'n seisoen van dankbaarheid. As onskuldige kind het ek uit volle bors die volgende gesang gesing: “We plough the fields, and scatter the good seed on the land, but it is fed and watered by God's almighty hand. He sends the snow in winter, the warmth to swell the grain, the breezes, and the sun­ shine, and soft, refreshing rain.” Ek het egter eers nadat ek met ’n pro- dusent getroud is en ons alles wat ons het in die nuwe oes belê het - finansies, bloed, sweet en trane - waardering gekry het vir die dankbare trant van dié gesang en vir die wyse waarop ’n goeie oes die hart vervul met dankbare vreugde. Ek het toe eers die vertroue en hoop in die hart van ’n boer wanneer hy vol verwagting saad in die grond plaas, in afwagting op ’n oes, verstaan. As boervrou het ek uiteindelik begrip ontwikkel vir die omvang van ons afhanklikheid van 'n goeie oes, waarmee ons ons gesinne moet voed, ons rekeninge moet betaal en hopelik in ons boerdery moet herbelê om dit uit te brei. Die Amerikaanse entrepreneur en motive­ ringspreker, Jim Rohn, wat as plaasseun in Idaho grootgeword het, het gesê: “The greatest form of maturity is at harvest time. This is when we must learn how to reap without complaint if the amounts are small and how to reap without apology if the amounts are big.” As gesin het ons ook al telkemale die koel herfs met swaar harte ingegaan na ’n swak oes, met ’n inkomste wat beteken dat ’n moeilike jaar vir ons voorlê. Maar dan plant ons weer, en ons harte is vol hoop en ons kyk vorentoe, ons hoop en vertrou dat dit sal goedgaan want dis ’n nuwe sei­ soen, ons het nuwe energie en hoop. My man beweer dat die rede vir die ewige optimisme van die boer verduidelik word in die “Wet van Gemiddeldes”. Daardie reuse oes.. wel, dit kom altyd nog... ‘aankomstige jaar’! Volgens die Wet van Gemiddeldes sal alles uitwerk op ’n ge­middeld - die Wet van Gemiddeldes wen uiteindelik! Dit leer ons om te aanvaar dat, ongeag ons beste pogings, slegte goed soms gebeur. Die boer vertoef nie by die negatiewe nie en hy vra homself ook nie af waarom hy so hard moet werk met geen waarborg vir ’n oes nie. Boere is verbind tot die langtermynsiening en werk deurlopend hard om hul doelwitte te bereik Jim Rohn sê die storie van die Wet van Gemiddeldes word beklemtoon in die Gelykenis van die Saaier en ons kan ver- skeie lesse daaruit leer: Eerstens, die saaier was ambisieus en tweedens, hy het uitstekende saad gebruik. Daar was egter ’n paar uitdagings::  Die eerste saad het langs die pad geval en die voëls het dit opgepik. Rohn sê: Jy moet weet dat die voëls van jou saad gaan oppik. Maak vrede daarmee en hou op om jou daaroor te verknies. …En die saaier het aanhou saai. Rohn sê: Die geheim vir sukses - vol- harding.  Maar toe val die saad op klipperige grond… Rohn sê: Dis nie jou skuld dat die saad