MARKTE
Graanmarkvooruitsigte
Artikel geskryf: 13 Maart 2018
Met oestyd wat naderkruip begin produsente se fokus verander vanaf die produksie
van graan na die bemarking daarvan. Die realiteit van lae pryse teen die agtergrond
van meer as voldoende voorraadvlakke, beklemtoon die belangrikheid van korrekte
bemarkingsbesluite.
Deur Hansie Swanepoel
Senwes Grainlink Markanalis
M
et die betreklike lang tydperk
tussen die skryf en publika
sie van hierdie tipe artikels
raak dit byna onmoontlik om
’n toepaslike scenario-analise te bied wat
kan help om ’n bemarkingsbesluit te fasi-
liteer. Daar word dus slegs gepoog om ’n
makro-ekonomiese oorsig op die belang
rikste prysdrywers te gee.
Figuur 1: R/$ grafiek
58
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
WISSELKOERS
Veranderings in die R/$ wisselkoers het ’n
wesenlike impak op plaaslike graanpryse.
Oor die langer termyn is die rand besig
om te versterk – daar is nie tans aandui
dings dat hierdie tendens besig is om te
verander nie. Daar word egter nie wesen-
like versterkings verwag nie – daar kan
dus stabiliteit rondom R12/$ verwag word.
INTERNASIONALE MARKTE
Die internasionale mark is nou in die tyd-
perk waar die Suidelike Halfrond se oeste
gefinaliseer word, terwyl die Noordelike
Halfrond se oeste aan die begin van die
plantseisoen staan. Die belangrikste rol-
spelers hier is die produksie vanuit Suid-
Amerika in die suide en die VSA in die
noorde.
Suid-Amerika
Brasilië het ’n goeie produksieseisoen
ervaar, met oeste wat naby aan laasjaar se
rekordoeste is. Die groot oeste in Brasilië
word egter gedeeltelik afgespeel deur ’n
merkbaar swakker oes in Argentinië.
Bron:Reuters