Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 58

GRAANMAKELAARS

Die faktore wat verskansingsbesluite beïnvloed

Die primêre funksies van enige landboukommoditeitsmark is om prysvorming te fasiliteer , asook om ʼn platform vir effektiewe prysrisikobestuur te bied . Hierdie funksie en die effektiwiteit daarvan word egter wel geredelik bevraagteken deur rolspelers in die bedryf .
Deur Frans Dreyer

Hierdie wantroue beïnvloed dienooreenkomstig produsente se bereidwilligheid om gebruik te maak van die prysrisikobestuur-markmeganisme tot hul beskikking . Daar is egter oor tyd verskeie ander redes of faktore geïdentifiseer wat produsente se besluitnemingsproses beïnvloed .

Internasionale en plaaslike navorsing in die verband kan hoofsaaklik in twee kategorieë verdeel word .
Die eerste kategorie hou verband met die karaktertrekke van die produsent , asook die produksie omgewing . ʼn Produsent se ouderdom , ervaring , vlak van opleiding , finansiële posisie , asook die plaasgrootte en ligging speel ʼn rol in elke verskansingsbesluit . Die tweede kategorie sluit alternatiewe risikobestuursmaatstawwe soos diversifikasie , versekering , inkomste-ondersteuningsprogramme en alternatiewe inkomstebronne in . Die faktore moet egter nie in isolasie beoordeel word nie aangesien hulle mekaar deurlopend beïnvloed . ʼn Produsent se risikoprofiel sal waarskynlik sterk beïnvloed word deur sy finansiële situasie .
ʼn Vergelykende evaluasie tussen Suid- Afrikaanse en onder andere Amerikaanse produsente , wat wel regerings inkomste - -ondersteunings programme het , is ook gedoen . Regeringsinkomste-ondersteuning speel nie ʼn rol in die Suid-Afrikaanse konteks nie , maar dit het duidelik geword dat Suid-Afrikaanse produsente geneig is om ʼn groter persentasie van verwagte produksie te verskans in vergelyking met hul Amerikaanse eweknieë . ʼn Suid- Afrikaanse produsent se verskansings- en produksiebesluite is ook geneig om meer hand-aan-hand gedoen te word , terwyl Amerikaanse produsente geneig is om eers te plant en dan te besluit oor ʼn prysrisikobestuurstrategie soos wat die seisoen ontwikkel .
Die navorsing het natuurlik ook verder gegaan om te bepaal aan watter vereistes ʼn bemarkingsplan of verskansingstrategie moet voldoen om produsente oor die algemeen meer geneë te maak om gebruik te maak van die beskikbare markmeganismes . Een van die belangrike aspekte wat uitgelig is in die navorsingsresultate , is dat produsente se persepsie van prysrisikobestuur moet verander vanaf verskansing se vermoë om inkomste te verhoog na verskansing se vermoë om inkomstevariasie oor tyd te minimaliseer .
Die persepsie kan dienooreenkomstig verander of aangespreek word indien ʼn verskansingstrategie gekoppel word aan meetbare produksiewinsgewendheid , die vermoë het om te deel in opwaartse markbewegings , maar ook verskansings koste te kan minimaliseer . So ʼn strategie sal dus dinamies en aanpasbaar moet wees ten einde deurlopende en onvoorspelbare veranderinge in markomstandighede te akkommodeer .
Die realiteit bly egter dat daar nie een spesifieke strategie sal wees wat jaar na jaar die beste prestasie sal oplewer nie . Senwes Marktoegang kan deur middel van die produsentegraanbemarkers , asook Senwes Graanmakelaars , van hulp wees met verskeie voorseisoenbemarkings kontrakte en verskansingsalternatie we wat sal inpas by elke produsent se individuele risikoprofiel . Daar is ook doelgerigte planne in plek , wat eersdaags finaal geïmplementeer sal word , wat die rol van ʼn produsentegraanbemarker verreikend sal verander .
ʼn Volledige uiteensetting van die nuutbeplan de struktuur binne Marktoegang , met die doel om kliëntediens te verbeter en spesifiek verskansingsbesluite te fasiliteer , sal in die volgende uitgawe gepubliseer word .
Vir intydse markinligting kan u die Bestuurder : Senwes Graanmakelaars kontak by 018 464 7786 of stuur ʼn e-pos aan Frans . Dreyer @ senwes . co . za .
56
SENWES SCENARIO | HERFS 2018