Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 56

VERSEKERING Wat het ’n vrou en versekering in gemeen? Deur Mbali Skosana “Beide is baie duur en moeilik om te ver- staan, maar bied wonderlike ondersteuning wanneer jy dit nodig het.” S o sê Irene van Zyl, ma van twee tieners en ʼn Certisure makelaar in Hartswater. Die beste raad wat sy vir haar kliënte het is dat, alhoewel versekering ʼn teensinnige belegging is, dit baie goedkoper en meer verantwoor- delik is om versekering te hê wanneer ʼn motor herstel moet word, gesteelde eiendom vervang moet word of jy die gevolge van ʼn mislukte oes moet dra. Versekering was nooit deel van die plan nie, aangesien sy in die vervoerafdeling van ʼn Vaalharts-koöperasie begin werk het na voltooiing van haar B.Ekonomie-graad aan die Universiteit van die Vrystaat. Die geleent­ heid om by die versekeringsbedryf aan te sluit het ʼn jaar later gekom en sy het reeds ondervinding in alle dissiplines van die bedryf: eise, onderskrywing en oes- versekering, wat haar kennis tot ʼn groot mate uitgebrei het. In 2016 is sy bevorder van assistent-makelaar tot makelaar en sy sien uit daarna om haar vaardighede ver­ der op te skerp, vir minstens nog ʼn dekade. Irene van Zyl Irene sê dat daar na 23 jaar steeds daagliks nuwe uitdagings is, maar sy probeer positief bly en haarself verbeter. Die grootste uitdaging vir ʼn versekeringsmakelaar is deurlopende nuwe wetgewing en regulasies waaraan voldoen moet word. Die onderskeie verse- keringsmaatskappye plaas deurlopend nuwe en veranderde produkte in die mark ‘’ʼn Mens moet op hoogte en aan die voor- punt bly, die hele tyd,” sê sy. Irene se kantoor hanteer oesversekering vir koring, gars, mielies en pekanneute teen hael, vuur en in-transitoskade. Sy fokus hoofsaaklik op die persoonlike lyne-mark - haar klant is die ge­middelde man/vrou wat sy/haar motor, huis en persoonlike items wil verseker. Vir die beste versekeringsoplossings in Hartswater, skakel Irene by 087 004 1316, of epos haar by [email protected]. 54 SENWES SCENARIO | HERFS 2018